Stof gaan lê nie oor voedseltender
Ogone Tlhage – Nog ’n terugslag het die voedselvoorsieningsmaatskappy Eyambeko Namibia Catering Services getref toe hy nie daarin kon slaag om te bewys waarom sy appèl teen die toekenning van ’n spysenieringskontrak deur die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) op ’n dringende basis aangehoor behoort te word nie.
Eyambeko het ’n dringende aansoek by die hoërhof gebring nadat die CPBN uitgewys het dat die maatskappy nie gekwalifiseer het om die bod te wen nie weens sy versuim om aan tendervereistes op 23 Augustus vanjaar te voldoen.
Regter Claudia Claasen het vandeesweek ’n uitspraak ten gunste van die CPBN gelewer en beslis Eyambeko het versuim om te bewys waarom dit nodig was dat sy saak op ’n dringende basis aangehoor moes word, en gesê dat Eyambeko nie voldoende redes verskaf het waarom sy saak op daardie tydstip aangehoor moes word nie.
Claasen het die saak van die rol geskrap en Eyambeko gelas om verskeie van die respondente se regskoste te betaal.
HEEN EN WEER
In Augustus 2022 het die ministerie die hof op ’n dringende basis genader vir ’n interdik teen die implementering van ’n hersieningspaneelbesluit om die toegekende voedseltender op te skort en die proses van voor af te begin op ’n wyse wat nie die voorsiening van kos aan skole onderbreek nie.
Die ministerie wou hê die besluit moet gehalt word terwyl die hof die hoofhersieningsaansoek hanteer waarin hy wil hê die hersieningspaneel se besluit moet in sy geheel tersyde gestel word.
Die hoërhof het in September 2022 in die ministerie van onderwys, kuns en kultuur se guns beslis deur ’n interdik teen Eyambeko en drie ander voedselvoorsieningsmaatskappye – wat ’n winsgewende tender vir kosvoorsiening gewen het – aan hom toe te staan nadat bevind is dat die behoorlike proses nie gevolg is nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie