'Staat het geen direkte bewyse teen dokter'
Sleutelgetuie onder kruisondervraging
Volgens die beskuldigde se prokureur het sy kliënt die slagoffer ná die aanval gekontak om na haar welstand te vra, sy het glo vriendelik gereageer en na hom as 'my broer' verwys.
Beskuldigde dr. Fillemon (Fly) Nakanduungile se prokureur Petrus Smart Elago het gesê alhoewel dit wat met die staatsaanklaer Justine Shiweda gebeur het "’n verskriklike ding" was, die staat geen direkte bewyse het wat sy kliënt met die misdaad verbind nie.
Elago het in die Ondangwa-landdroshof aangevoer dat die staat se saak teen Nakanduungile gebaseer is op bespiegeling eerder as feite, terwyl hy voortgegaan het om speurder Antonius Gabriel, die staat se sleutelgetuie wat borgtog teenstaan, onder kruisondervraging te neem.
Hy het aan landdros Lutaka Billy Mutwa gesê dat Gabriel emosioneel geraak het terwyl hy oor Shiweda se toestand getuig het en dat Nakanduungile self in trane uitgebars het toe foto’s gewys is wat Shiweda se beserings uitbeeld. Sy is op 17 Oktober 2025 verskeie kere deur aanvallers geskiet, met suur gegooi en is steeds in die hospitaal weens haar kritieke beserings.
Die verdediging het aangevoer dat Gabriel versuim het om bewyse voor die hof te plaas wat toon dat Nakanduungile die oorblywende getuies ken wat nog ondervra moet word, of dat hy met ondersoeke sou inmeng indien hy op borgtog vrygelaat sou word.
In reaksie hierop het Gabriel aan die hof gesê dat daar ’n sleutelgetuie is wie se identiteit nie op hierdie stadium bekend gemaak kan word nie, maar het daarop aangedring dat Nakanduungile weet wie die getuie is.
Elago het geantwoord dat Nakanduungile nie toegang tot die polisiedossier het nie, terwyl Gabriel volgehou het dat die beskuldigde moontlik steeds kennis van die ondersoek het deur sy noue verbintenis met Abner Mateus, wat volgens die polisie insig in polisie-operasies het. Gabriel het getuig dat Mateus selfs geweet het wanneer en waar die polisie Nakanduungile ondervra het toe sy verklaring geneem is.
GETUIES
Die hof het aangehoor dat die polisie steeds tussen 12 en 13 getuies moet ondervra namate die ondersoeke na ’n gevorderde stadium vorder.
Gabriel het verder getuig dat Nakanduungile ’n meisie het wat glo voorheen by Shiweda gewoon het, maar nie by haar huis was op die dag van die aanval nie, nadat sy na bewering in ’n huis in Onandjokwe geslaap het.
Hy het aangevoer dat Nakanduungile nie ’n geskikte borgtogkandidaat is nie en beweer dat hy geen vaste bates in Ondangwa het nie, maklik van sy huidige woning in die Okankete-nedersetting kan verhuis, en gereeld na Angola reis, soms met behulp van noodreisdokumente, volgens paspoortrekords.
Die hof het ook gehoor dat die polisie sukkel om mediese rekords van Mateus, wat Nakanduungile se pasiënt was, te bekom. Gabriel het getuig dat Nakanduungile aanvanklik vir die polisie gesê het dat die rekords nie beskikbaar is nie, omdat hy in aanhouding is.
Volgens die die beheeraanklaer van Ondangwa-hof, Yeukai Kangira, en die adjunk-aanklaer-generaal van Oshakati, Tangeni Iitula, het Nakanduungile aan die hof gesê het dat hy glo op ’n stadium opgehou het om rekords van sy konsultasies te hou.
Gabriel het verder benadruk dat die saak ernstig is en waarskynlik van die landdroshof na die hoërhof oorgeplaas sal word sodra die verhoor begin. Hy het bygevoeg as Nakanduungile skuldig bevind word, hy ’n swaar straf in die gesig sal staar.
Elago het aangevoer dat Gabriel aangehou het om te bespiegel en geen bewyse gelewer het wat sy kliënt direk impliseer nie.
In reaksie hierop het Gabriel gesê: "Dit is ’n borgtogaansoek. Jy kan nie sê ek is spekulatief nie. Wanneer die saak verhoor word, sal die staat sy saak bo redelike twyfel bewys. Die staat het ’n sterk saak teen die aansoeker."
Elago het herhaal dat die hof nie op bespiegeling kan staatmaak wanneer hy oor borgtog besluit nie.
Gabriel het verder aangevoer dat van die ses beskuldigdes, Nakanduungile die enigste mediese dokter is, en daarom kennis van suur het.
Elago het ook gesê dat Nakanduungile Shiweda na die aanval gekontak het om na haar welstand te vra, sy vriendelik gereageer het en na hom as "my broer" verwys het. Elago het gevra waarom Nakanduungile iemand wat hy as ’n vriend beskou, sou wou seermaak.
Die borgtogaansoek duur voort.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie