Skuldigbevinding aan moord ter syde gestel
Bewysketting kelder vonnis
Die hoërhofregters wat die appèl aangehoor het, het 'n beduidende leemte in die staat se getuienis opgemerk.
Van 16 jaar tronkstraf vir moord tot twee jaar vir aanranding. Tjihonyi Robert Jatwimana wat verlede jaar in die landdroshof op Rundu-landdroshof tot 16 jaar tronkstraf weens moord gevonnis is, het sy appèl teen sy skuldigbevinding gewen. Dit is in die hoërhof in Windhoek ter syde gestel en vervang met ‘n skuldigbevinding vir aanranding. Vir dié klag is hy tot twee jaar tronkstraf gevonnis.
Jatwimana is op 17 Mei 2018 saam met sy medebeskuldigde Elifas Kudumo Thidjukwe in hegtenis, nadat hulle Hiskia Mangundu Kamambo die vorige dag in Kehemu, Rundu, aangerand het.
Kamambo het later in die staatshospitaal op die dorp aan sy beserings beswyk wat hy tydens die aanranding opgedoen het.
Volgens hofdokumente het Kamambo na bewering 'n selfoon gesteel wat aan een van die beskuldigdes behoort het en wat tot die aanranding gelei het. Jatwimana en Thidjukwe is albei skuldig bevind aan moord en op 10 Mei 2024 deur landdros Barry Mufana elk tot 16 jaar tronkstraf gevonnis.
Jatwimana het deur sy prokureur, Bernhard Tjatjara op verskeie gronde teen die skuldigbevinding en vonnis geappelleer. Hy het onder meer aangevoer dat die bewaringsketting van die oorledene se liggaam onvolledig was vanaf die tyd dat hy dood verklaar is tot die nadoodse ondersoek.
BEWYSE HERSIEN
Tydens die uitspraak Vrydag het die hoërhofregters Eileen Rakow en Claudia Claasen wat die saak op 12 September aangehoor het, die kant van Jatwimana gekies. Volgens die regters is ‘n beduidende leemte in die staat se getuienis opgemerk. Hulle het beslis dat geen getuienis deur enige hospitaalpersoneel of ander getuies aangebied is oor die slagoffer se toestand toe hy opgeneem is nie. Ook was daar geen getuienis wat uiteengesit het wat met die slagoffer gebeur het, terwyl hy in die hospitaal se sorg was nie.
Die polisiesersant wat na bewering Kamambo se liggaam aan die dokter vir die nadoodse ondersoek uitgeken het, is ook nooit geroep om te getuig nie.
Die hof het beklemtoon dat die staat die regsbewys dra om die bewysketting te bewys.
Omdat daar nie aan die hof bewys kon word dat daar nie met die slagoffer se liggaam gepeuter, of dat hy nie bykomende noodlottige beserings opgedoen het nadat hy in die hospitaal opgeneem is nie, is bevind dat die skakel wat nodig was om te bewys dat die aanranding sy dood veroorsaak het, ontbreek het.
TER SYDE
In die hoërhofuitspraak is beslis dat die skuldigbevinding aan moord nie staande kon bly nie en is dit ter syde gestel.
Die hof het egter bevind dat daar voldoende bewyse van ooggetuies was om die aanranding te bewys. Jatwimana se skuldigbevinding is gevolglik vervang met 'n vonnis vir aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Die oorspronklike vonnis van 16 jaar is verminder tot 24 maande gevangenisstraf, terugwerkend tot 14 Mei 2024.
Jatwimana is deur middel van regshulp in die hof verteenwoordig deur Sijomunji Law Chambers. Intussen gaan Thidjukwe voort om sy vonnis van 16 jaar uit te dien, nadat hy nie teen sy skuldigbevinding geappelleer het nie. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie