Shanon kla glo oor Madisia, haar kêrel se ‘verhouding’
'Verdagte’ internetsoektogte kom aan die lig
Polisiebeamptes wat die inhoud van Azaan Madisia se skootrekenaar na haar inhegtenisname deurgegaan het, het glo "verdagte e-posse en internetsoektogte" op die toestel gevind.
’n Inspekteur het gister in die verhoor van Azaan Madisia en Steven Mulundu getuig dat hy e-posse tussen Madisia en wyle Shanon Wasserfall se kêrel, Petrus Shoopala, op haar skootrekenaar gevind het.
“Die e-posse tussen die beskuldigde en ene Shoopala het daarop gedui dat hulle in ’n verhouding was,” het inspekteur Iipuleni Robert getuig.
Dit het onlangs tydens die verhoor aan die lig gekom dat Madisia glo ’n verhouding met Shoopala gehad het toe Wasserfall vermoor is.
Volgens ’n gemeenskaplike vriend van Shoopala, Madisia en Wasserfall, Toivo Neliwa, het Wasserfall in die maande voor haar dood by hom gekla oor Madisia en Shoopala se verhouding.
Hy het glo vir Wasserfall aangeraai om Shoopala hieroor te konfronteer.
Robert het getuig dat Madisia se soekgeskiedenis glo verdag was. Hy het aangevoer dat sy terme soos “hoe om ’n mens se liggaam tot as te verbrand”, “hoe lank dit neem vir uitslae van ’n forensiese verslag in Namibië” en “hoe MTC ’n nommer opspoor” opgesoek het. Robert het aan die hof gesê dat die internetsoektog wat verband hou met die verbranding van ’n liggaam, op 5 April 2020 – etlike dae voor Wasserfall se dood – gedoen is.
Madisia se regsverteenwoordiger, Albert Titus, het daarna aangevoer dat die internetsoektog om ’n liggaam te verbrand nie in Madisia se soekgeskiedenis voorgekom het nie, maar dat dit eerder in ’n e-pos van die soekenjin Quora as ’n soektogaanbeveling (search recommendation) verskyn het. Titus het ook gesê dat daar geen bewyse is dat daardie e-pos in 2020 ontvang is nie, weens die feit dat daar geen datum aangedui is nie.
Titus het verduidelik dat hierdie soektog in verband met 'n soektog oor hoekom bene nie brand nie, aan Madisia aanbeveel is.
Robert het aan die hof gesê dat hy bloot gesoek het na dinge wat verdag was, maar dat die skootrekenaar aan die staat se forensiese span oorhandig is.
Die verhoor hervat vandag.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie