Saoedi-sakelui se weg gebaan om N$55 m. van Boulter te eis
Dié bekende konstruksiemaatskappy het voorheen 'n gunstige uitspraak in Dubai verkry, waar 'n hof die miljardêr gelas het om die belegging terug te betaal.
Die hooggeregshof in Namibië het die weg gebaan vir die Saoedi-maatskappy Tebrak Trading and Contracting om ’n eis van meer as N$55 miljoen teen die Britse sakeman Harvey Boulter in te stel, nadat die hof sy poging om die saak te keer voordat dit verhoor word, van die hand gewys het.
Die uitspraak, wat verlede Vrydag deur appèlregter Dave Smuts, adjunkhoofregter Petrus Damaseb en waarnemende appèlregter Hosea Angula gelewer is, het ’n vorige hoërhofbeslissing ten gunste van Boulter tersyde gestel.
Boulter, ’n bekende internasionale sakeman en moordbeskuldigde, is ook beveel om Tebrak se regskoste te betaal – insluitend vir drie regsverteenwoordigers.
Tebrak en vyf van sy lede, verteenwoordig deur Richard Metcalfe, beweer hulle het meer as 2,4 miljoen Britse pond (meer as N$55 miljoen) in maatskappye wat met Boulter verbind word, belê en probeer nou om daardie geld te verhaal.
Dié bekende Saoedi-konstruksiemaatskappy het voorheen ’n gunstige uitspraak in Dubai verkry, waar ’n hof Boulter gelas het om die belegging terug te betaal. Tebrak het die Namibiese howe genader om daardie buitelandse uitspraak te erken en af te dwing, terwyl die maatskappy ook ’n aparte finansiële skadevergoedingseis wat voortspruitend uit dieselfde belegging ingedien het.
BESWAAR VAL PLAT
In reaksie hierop het Boulter, deur sy regsverteenwoordiger Sisa Namandje, probeer om die verrigtinge te stop deur eksepsie aan te teken, wat ’n regsbeswaar is wat aanvoer dat die eis van die begin af gebrekkig was.
Hy het aangevoer Tebrak moes eers amptelike erkenning van die Dubai-uitspraak in Namibië verkry voordat hy ’n eis vir betaling ingestel het. Met ander woorde, hy wou hê die hof moes beslis dat die regsgeding voortydig was en van die hand gewys moes word.
Hoërhofregter Eileen Rakow het destyds Boulter se aansoek om eksepsie ten opsigte van die buitelandse uitspraak toegestaan en die Saoedi-Arabiërs se eis van die hand gewys as gevolg van onvoldoende bewyse wat gelewer is.
Die hooggeregshof het egter hierdie argument verwerp en volgehou Tebrak is geregtig om beide erkenning en afdwinging van die buitelandse uitspraak binne dieselfde stel verrigtinge te versoek.
“Daar is geen aanduiding, hetsy in die gemenereg of in die wet, dat erkenning en afdwinging in paaiemente of verskillende verhore vasgestel moet word nie, soos die verweerder blykbaar voorstel.”
Met Boulter se beswaar uit die weg geruim, sal die verhoor nou in die hoërhof voortgaan, waar Tebrak sal aanvoer dat Boulter die volle bedrag met rente en regskoste moet betaal. Die saak sal op 15 Julie na die hof terugkeer vir ’n statusverhoor voor Rakow.
HANGENDE SAKE
Boulter se regsprobleme strek oor beide straf- en siviele howe in Namibië.
In Februarie 2021 is hy in hegtenis geneem ná die noodlottige skietvoorval van sy plaasbestuurder, Gerhard van Wyk, op sy plaas Kaross naby Kamanjab. Boulter is later van moord, die onwettige besit van 'n vuurwapen en die gebruik van 'n vuurwapen onder die invloed van alkohol aangekla. Sedertdien het hy verskeie onsuksesvolle regspogings van stapel gestuur om die aanklagte te laat vaar of die verhoor te staak.
Wyle Van Wyk se vrou, seun en skoondogter het ’n siviele regsgeding teen Boulter en sy maatskappy, SX Investments One, aanhangig gemaak en eis meer as N$84 miljoen in skadevergoeding vir die verlies aan ondersteuning en inkomste. Dié saak is in die hoërhof aan die gang. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie