Regter Esi Schimming-Chase Foto Argief
Regter Esi Schimming-Chase Foto Argief

Saak teen regter misluk

Uitspraak Vrydag gelewer
'n Man het onlangs sy saak teen regter Esi Schimming-Chase en hoofregter Peter Shivute verloor.
Kristien Kruger
Die saak wat teen ’n vroueregter van die hoërhof en die hoofregter aanhangig gemaak is, is Vrydag van die hand gewys.

Hendrik Christian het in sy hofaansoek regter Esi Schimming-Chase se integriteit en onpartydigheid bevraagteken en geëis dat sekere beslissings wat sy in ’n saak gemaak het, waarin Christian ’n party was, nietig verklaar moet word.

Hy het verder ’n bevel gesoek wat hoofregter Peter Shivute verplig om redelike stappe te neem om die norme en standaarde vir die uitoefening van regterlike funksies te monitor.

Regter David Munsu het die aansoek van die hand gewys nadat hy bevind het die aansoek is nie behoorlik voor die hof gebring nie.

“Geen toestemming is verkry voordat hierdie verrigtinge teen die eerste respondent [Schimming-Chase] ingestel is soos beoog in die hooggeregshofwet wat bepaal dat ‘geen dagvaarding teen enige regter van die hoërhof in enige siviele aksie uit enige hof uitgereik sal word nie, behalwe met toestemming van die hoërhof’,” lui Munsu se uitspraak.

‘GEEN REGTER KAN SAAK AANHOOR’

Dít volg nadat Christian, in sy afwesigheid, ’n nota by die hof ingedien het wat Munsu versoek om homself van die saak te onttrek en dat geen regter van die hoërhof die saak kan aanhoor nie.

“Nadat ek verskillende moontlikhede oorweeg en vergelyk het, het ek tot die gevolgtrekking gekom dat geen lid van die regbank hierdie saak kan aanhoor nie omdat sy of haar toesighouer [Shivute] en suster [Schimming-Chase] die respondente is,” lui Christian se aansoek waarin hy voorstel dat die saak na arbitrasie verwys word.

Munsu het in sy uitspraak na die nota verwys en gestel dat Christian ook aangedui het dat hy nie meer aan hierdie saak gaan deelneem nie, “wat waarskynlik sy afwesigheid verklaar”.

VERRIGTINGE EN AFWESIGHEID

Nadat Christian reeds verlede jaar die aansoek gebring het, het verskeie voorverhoorkwessies verrigtinge gekniehalter.

Christian het eers aangevoer dat die respondente nie hulle kennisgewing van hul voorneme om die saak teen te staan, betyds ingedien het nie.

Later het Christian aangevoer dat die staatsprokureur nie die nodige magtiging het om die respondente te verteenwoordig nie. Die hof het hierdie punt oorweeg en dit in Januarie 2023 van die hand gewys.

Christian het aansoek gedoen om verlof tot appèl teen dié besluit, maar op die dag wat die aansoek aangehoor sou word, het hy dit teruggetrek. Hy het besluit om eerder ’n aansoek te bring om die uitspraak nietig te laat verklaar en dit heroorweeg word. Hoewel die hof hom toegelaat het om die aansoek te bring, is dit in September oorweeg en van die hand gewys.

Partye het weer op 21 November in die hof verskyn, maar Christian was afwesig en het ’n nota aan die hof gegee wat verduidelik dat hy voor ’n ander regter verskyn vir ’n ander saak. Die verrigtinge is tot 23 November uitgestel, maar Chsitian was weer afwesig – die keer sonder enige verduideliking.

“In sy stukke versuim die applikant [Christian] om te verklaar dat hy die toestemming van die hof ten opsigte van die eerste respondent [Schimming-Chase] en die toestemming van die volgende beskikbare senior regter ten opsigte van die tweede respondent [Shivute] gesoek en verkry het. Gevolglik vind ek dat die aansoek nie behoorlik voor hierdie hof gebring is nie,” lui Munsu se uitspraak.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad Katima Mulilo: 25° | 39° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 15° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 11° | 28° Gobabis: 9° | 30° Henties Bay: 11° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 06:23, High tide: 12:53, Low Tide: 19:02, High tide: 01:16 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 22km/h, Wind direction: NW, Low tide: 06:21, High tide: 12:51, Low Tide: 19:00, High tide: 01:14 Walvis Bay: 11° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: N, Low tide: 06:21, High tide: 12:50, Low Tide: 19:00, High tide: 01:13 Rehoboth: 7° | 29° Mariental: 7° | 26° Keetmanshoop: 6° | 24° Aranos: 6° | 27° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 6° | 23° Oranjemund: 15° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 11° | 17° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 8° | 9° Maseru: 3° | 13° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 14° | 15° Windhoek: 11° | 28° Cape Town: 10° | 21° Durban: 13° | 14° Johannesburg: 7° | 9° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.59 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.57 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.23 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.01 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.57 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 610.23/OZ UP +0.89% | Copper US$ 4.34/lb UP +0.47% | Zinc US$ 2 925.50/T DOWN -0.39% | Brent Crude Oil US$ 74.54/BBP DOWN -0.0046 | Platinum US$ 987.92/OZ UP +0.53% Sport results: LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad Weather: Katima Mulilo: 25° | 39° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 15° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 11° | 28° Gobabis: 9° | 30° Henties Bay: 11° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 06:23, High tide: 12:53, Low Tide: 19:02, High tide: 01:16 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 22km/h, Wind direction: NW, Low tide: 06:21, High tide: 12:51, Low Tide: 19:00, High tide: 01:14 Walvis Bay: 11° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: N, Low tide: 06:21, High tide: 12:50, Low Tide: 19:00, High tide: 01:13 Rehoboth: 7° | 29° Mariental: 7° | 26° Keetmanshoop: 6° | 24° Aranos: 6° | 27° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 6° | 23° Oranjemund: 15° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 11° | 17° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 8° | 9° Maseru: 3° | 13° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 14° | 15° Windhoek: 11° | 28° Cape Town: 10° | 21° Durban: 13° | 14° Johannesburg: 7° | 9° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.59 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.57 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.23 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.01 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.57 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 610.23/OZ UP +0.89% | Copper US$ 4.34/lb UP +0.47% | Zinc US$ 2 925.50/T DOWN -0.39% | Brent Crude Oil US$ 74.54/BBP DOWN -0.0046 | Platinum US$ 987.92/OZ UP +0.53%