Renosterbewaring gee mynbou bloedneus
Hof handhaaf dringende interdik
Die saak beklemtoon die groeiende regswrywing tussen bewaringsbewustes en kleinskaalse mynbouers in kommunale bewaringsgebiede, veral in ekologies sensitiewe gebiede soos westelike Kunene, wat die wêreld se grootste vrylopende swartrenosterbevolking huisves.
Save the Rhino Trust (SRT) Namibia het sy vreugde uitgespreek na die dringende interdik in die hoërhof toegestaan is om mynboubedrywighede in westelike Kunene te stop wat bedreigde swartrenosters huisves.
Waarnemende regter Andree-Jeanne Tötemeyer het ten gunste van die kommunale bewaringsgebiede Doro !Nawas en Uibasen Twyfelfontein, asook die #Aodaman Tradisionele Owerheid en Ultimate Safaris, 'n dringende interdik toegestaan om mynbedrywighede te staak wat een van Namibië se belangrikste swartrenosterhabitatte bedreig, te stop.
Die uitspraak is verlede Vrydag gelewer en verbied die eerste respondent Timoteus Mashuna om enige skietwerk of swaar masjineriewerk op sy mynboukleims binne die gesamentlike bestuursgebied (JMA) van die bewaringsgebiede, uit te voer.
Die uitvoerende hoof van SRT, Simson Uri-khob, wat 'n getuie was, het op navraag van Francoise Steynberg van Republikein sy reaksie op die uitspraak gesê: "Ek dink dié regter het meer insig van bewaring en die gemeenskappe wat jare daar bly. Die mense van die myne kom van ander plekke af en dit is wat die regter in ag geneem het."
Tötemeyer het saamgestem met die getuienis van Uri-Khob, dat vorige mynbedrywighede in die JMA nooit skietwerk of swaar masjineriewerk behels het nie en dat huidige bedrywighede renosters permanent uit die gebied kan dryf – wat bewaringswinste wat oor dekades opgebou is, kan ondermyn en die risiko van stropery kan verhoog.
Die bevel sal van krag bly hangende die uitslag van 'n breër hersiening wat die wettigheid van sy omgewingsklaringsertifikaat en mynboukleims betwis.
Die aansoekers het aangevoer dat voortgesette mynbedrywighede onomkeerbare skade aan wildlewe en die omgewing inhou, veral die vrylopende swartrenosterbevolking, wat die streek se gemeenskapsgebaseerde toerisme ondersteun.
TALLE INTERDIKTE
Voor hierdie jongste uitspraak het die aansoekers sedert 2024 verskeie dringende sake teen mynbedrywighede binne die JMA aanhangig gemaak. In een van daardie sake, wat in Oktober 2024 aangehoor is, het regter Esi Schimming-Chase 'n interdik teen 'n ander mynbou-operateur, Ottilie Ndimulunde, toegestaan en 'n mandaat uitgereik wat die omgewingskommissaris, Timo Mufeti, gelas het om, ingevolge Artikel 42 van die Wet op Omgewingsbestuur, te besluit of haar omgewingsklaringsertifikaat opgeskort of gekanselleer moet word.
Na aanleiding van daardie besluit is 'n voldoeningsbevel op 24 Oktober 2024 uitgereik, wat beteken het dat die interdik teen Ndimulunde verval het. Die aansoekers het op 1 November 2024 teen die voldoeningsbevel by die minister van die omgewing, bosbou en toerisme geappelleer.
'n Daaropvolgende dringende aansoek is op 8 November 2024 ingedien, met die doel om Ndimulunde se mynbedrywighede te staak hangende die uitslag van daardie appèl en die breër hersiening.
Op 2 Desember 2024 het die hof weer ’n tussentydse interdik ten gunste van die bewaringsgebiede toegestaan.
In September 2025 het die aansoekers verneem dat Mashuna van voorneme was om skietwerk by sy mynkleims te hervat ten spyte van die vroeëre interdik van 2024 deur regter Kobus Miller.
JONGSTE AANSOEK
Hulle het gereageer deur nog 'n dringende aansoek in te dien, wat op 19 September 2025 deur regter Boas Usiku van die rol geskrap is weens 'n gebrek aan dringendheid.
Dae later het verdere skietwerk op 26 September 2025 plaasgevind, wat die jongste aansoek tot gevolg gehad het, wat tot Tötemeyer se uitspraak gelei het.
Sy het bevind dat die aansoekers geregverdig was om die saak dringend aanhangig te maak, aangesien geen mynbedrywighede maande voor die skietwerk in September 2025 plaasgevind het nie. Sy het beslis dat omgewingskade van dié aard – skietwerk wat die renosters verjaag en die bedreiging van die brose ekosisteem – nie deur monetêre of latere regsvergoeding reggestel kon word nie.
BEWARING IN GRONDWET
Die uitspraak het ook bevestig dat 'n omgewingsklaringsertifikaat (ECC) 'n wetlike voorvereiste is vir beide die uitreiking van 'n mynboukleim en die uitvoering van mynboubedrywighede in Namibië.
Met die bevestiging van die bevel het Tötemeyer beklemtoon dat omgewingsbewaring grondwetlik vasgelê is onder Artikel 95(l) van die Namibiese Grondwet. Hy het beslis sonder die dringende interdik, die aansoekers mettertyd nie wesenlike vergoeding sou hê nie.
Tötemeyer het bevind dat die vorige aansoek wat van die rol geskrap is weens 'n gebrek aan dringendheid nie 'n finale beslissing was nie en dus nie die aansoekers verbied het om na die hof terug te keer nie.
Die 2024-interdik wat deur regter Miller toegestaan is, bly dus van krag, nou geïnterpreteer om beide die omgewingskommissaris se besluite en hangende hersieningsaansoeke te dek.
Mashuna is gelas om die koste van die aansoek te betaal, insluitend dié van die regsverteenwoordigers.
Die saak beklemtoon die groeiende regswrywing tussen omgewingsbewaarder en kleinskaalse mynbouers in gemeenskaplike bewaringsgebiede, veral in ekologies sensitiewe gebiede soos westelike Kunene.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie