‘Regstelsel is op die spel’
Minister bevraagteken wettigheid van sloerstaking
'n Menseregteprokureur sê die diensvoorwaardes vir landdroste moet as 'n saak van 'uiterste belang' beskou word gegewe die kritieke rol wat hulle in die samelewing speel.
In weerwil van ’n amptelike versoek van die minister van justisie en arbeidsverhoudinge dat stakende landdroste gister hul pligte moet hervat, het hul sloerstaking wat verlede begin het, gister steeds voortgeduur.
Minister Wise Immanuel het Sondag in ’n amptelike brief aan die voorsitter van die Landdrostekommissie, Boas Uusiku, die wettigheid van die voorgesette staking deur landdroste bevraagteken.
Hy het ook daarop aangedring dat landdroste onmiddellike na hul poste terugkeer.
Volgens Immanuel dui die brief en opdrag nie op grondwetlike inmenging deur die uitvoerende gesag van die regbank nie en skend dit ook nie die beginsel van die skeiding van magte nie.
Hy het by navraag aan Network Media Hub (NMH) verduidelik dat hy as ’n minister met oorsig oor administratiewe geregtigheidskwessies, ’n verantwoordelikheid het om te verseker dat werknemers vir werk opdaag.
“Jy kan byvoorbeeld nie sê wanneer ’n beampte herhaaldelik afwesig is, die minister dit net moet ignoreer nie. Dit is nie wat die skeiding van magte beteken nie,” het Immanuel beklemtoon.
In sy brief aan Uusiku het die minister versoek dat die Landdrostekommissie ’n wetlike bepaling verskaf wat landdroste toelaat om te staak.
“Ek kon geen wetlike basis vind vir die voortgesette landswye staking nie. Tensy die kommissie die staking binne wetlike grense kan plaas, is ek geneig om tot die gevolgtrekking te kom dat die staking in alle opsigte onwettig is,” het Immanuel gesê.
Hy het ook beklemtoon dat samesprekings oor die eise vir die aanpassings van toelaes voortduur.
“Die gesprekke bly aktief en konstruktief,” het die minister gesê.
Immanuel het president Netumbo Nandi-Ndaitwah, hoofregter Peter Shivute en die prokureur-generaal, Festus Mbandeka, in sy amptelike skrywe aan Uusiku ingesluit.
DOOIEPUNT
Die menseregteprokureur Norman Tjombe het intussen die regering en relevante owerhede versoek om die voortgesette dooiepunt in geskille oor salarisse en toelaes dringend op te los en gewaarsku dat die land se regstelsel op die spel is.
Hy het gesê die diensvoorwaardes vir landdroste moet as ’n saak van “uiterste belang” beskou word gegewe die kritieke rol wat hulle in die samelewing speel.
“Landdroste het nie net die belangrike taak om geregtigheid in alle lewensaangeleenthede toe te pas nie, maar hulle is ook die eerste kontakpunt met die regstelsel vir die oorgrote meerderheid mense,” het Tjombe gesê.
Hy het beklemtoon landdroste is ’n “belangrike rat” in die toepassing van die wet. Indien hulle nie behoorlik vergoed word nie, sal diegene met meer ondervinding groener weivelde soek, dikwels na private praktyke wat meer winsgewend is.
“Dit is belangrik dat landdroste behoorlik vergoed word, aangesien dit ernstige implikasies het vir die onafhanklikheid van die regbank en die bevoegdheid van landdroste,” het Tjombe gesê.
Verlede maand is berig oor klagtes aan die kant van landdroste wat aanvoer verhogings in behuisings- en voertuigtoelaes, wat vanaf 1 April 2025 van krag is, en reeds in die Staatskoerant gepubliseer is, steeds nie betaal is nie.
Ontevredenheid heers ook oor die
bevriesing van tydelike landdrosposte, met dienende landdroste wat sê dat hulle onregverdig gedwing word om te bedank om vir die poste mee te ding. Dit terwyl buitestanders sonder ervaring genooi word om aansoek te doen vir poste waarvoor hulle later opgelei moet word deur die einste landdroste wat op die kantlyn geskuif word.
Volgens ’n interne kennisgewing aan personeel verlede week, word die volgende geregtelike aangeleenthede tans nie voortgesit nie: Kwasi-geregtelike verhore, lasbriewe vir deursoeking en vir arrestasies, tussentydse beskermingsbevele, huwelik- en dranklisensies, bekentenisse, kontrole van registers, insluitend skulderkenning, boedelbereddering, geregtelike doodsondersoeke en nadoodse ondersoeke, asook die inswering van raadslede tydens verkiesings.
Slagofferverwante sake word veral geraak, wat kommer oor openbare veiligheid en regsbeskerming laat ontstaan.
Hofbedrywighede in verskeie afdelings – insluitend sake van gesinsgeweld, die kinderhof, siviele en strafregtelike verhore, onderhoudskwessies en verkeersake – het ook skerp weens geregtelike beskikbaarheid afgeneem.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie