Regstelling
Die berig in Dinsdag se koerant “Nghipunya slaag om wet te laat verander” is feitelik nie korrek nie en Republikein stel graag die feite reg.
Een van die Fishrot-beskuldigdes, mnr. Mike Nghipunya, het met 'n aansoek in die hoërhof in Windhoek gepoog om die terme “in openbare belang” en “in die belang van regspleging” met betrekking tot die weiering van borgtog aan 'n beskuldig, as ongrondwetlik te laat verklaar.
Nghipunya se aansoek is Vrydag in die hoërhof in Windhoek van die hand gewys. Republikein het verkeerdelik berig dat die aansoek geslaag het.
Hoewel regter Thomas Masuku, een van die drie regters van die volbank, van mening was dié terme is ongrondwetlik, was hy in die minderheid. Regters Herman January en Esi Schimming-Chase het die meerderheidstem gehad en ’n hofbevel is uitgereik wat beslis het die aansoek word van die hand gewys en gevolglik van die rol geskrap.
Die volledige berig verskyn op Republikein se webblad by https://www.republikein.com.na/howe/nghipunya-misluk-in-poging-om-wet-te-laat-verander2022-10-18.
Republikein vra verskoning vir enige ongerief wat hierdeur veroorsaak is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie