'n Regter van die hoërhof is in 'n regsgeding betrokke. Foto Argief
'n Regter van die hoërhof is in 'n regsgeding betrokke. Foto Argief

Regstelling

Dani Booysen
Op 27 Junie 2022 het Republikein berig dat die regsfirma Gaenor Michaels en Vennote die dorpsraad van Oranjemund vir onbetaalde rekeninge ter waarde van N$5 805 794 dagvaar.

Die berig het foutiewelik vermeld dat die eis vir net 190 instruksies vir die oordrag van eiendom was.

Gaenor Michaels en Vennote eis egter vir ‘n totaal van 1 328 fakture teen ‘n gemiddelde bedrag van N$4 371,83 per aktebesorging per eiendom (BTW ingesluit).

Hiervan is 190 instruksies uitgevoer tussen 6 Augustus 2018 en September 2018, asook ‘n bykomende 1 128 instruksies in Junie 2019.

Republikein plaas hiermee die feite op rekord en vra om verskoning vir enige skade of ongerief wat dalk veroorsaak is.

Kommentaar

Republikein 2025-07-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer