Regsberoep in ‘krisistoestand’

Man met misdaadagtergrond glo as regspraktisyn toegelaat
Die LSN wil onprofessionele en oneerbare regspraktisyns reguit hof toe sleep omdat die huidige disiplinêre proses glo tekort skiet.
Kristien Kruger
“Die regsberoep is in ’n krisis. Die dissiplinêre komitee is nie in staat om klagtes en dissiplinêre verrigtinge teen regspraktisyns doeltreffend te hanteer nie.”

Só sê die Regsvereniging van Namibië (LSN) se direkteur, Neliswa Tjahikika, in ’n verklaring wat by die hoërhof in Windhoek ingedien is in ’n saak teen ’n regspraktisyn. Sy beweer die LSN kan nie meer staatmaak op die dissiplinêre proses wat tans in plek is nie.

“Die dissiplinêre proses wat in die wet uiteengesit is, is so stadig dat dit nie funksioneel is nie. Dit skep ’n geweldige risiko vir die publiek en kliënte van regspraktisyns en het ’n negatiewe impak op die publiek se persepsie van die regsberoep en -stelsel.”

STATISTIEKE

Die huidige dissiplinêre proses vereis dat ’n klag teen ’n regspraktisyn by die LSN gelê word. Daarna sal die komitee die klag vir etiese kwessies ondersoek en, indien die klag meriete het, word dit na die dissiplinêre komitee verwys vir die betrokke regspraktisyn om op die klagte te antwoord.

As die komitee bevind daar is in ’n oneerbare of onprofessionele wyse opgetree, sal hy ’n hofaansoek bring dat die betrokke regspraktisyn se naam van die rol geskrap word.

Die LSN het in 2021 38 klagte ontvang waarvan 12 na die dissiplinêre komitee verwys is. In 2022 is 70 klagte ontvang waarvan 32 na die komitee verwys is.

“Die LSN het gevra vir ’n meer gedetailleerde uiteensetting van hoeveel sake hangende is. Ons is wel bewus daarvan dat daar ’n aansienlike aantal hangende sake is met geen vooruitsig op afhandeling nie,” het Tjahikika gesê.

Tjahikika meen die dissiplinêre komitee se onvermoë kan grootliks toegeskryf word aan sistemiese tekortkominge sowel as die optrede van die regspraktisyns wat dissiplinêre stappe in die gesig staar.

“Die dissiplinêre komitee het nog nooit die administratiewe en klerklike ondersteuning ontvang wat nodig is om doeltreffend te funksioneer nie.”

REGUIT HOF TOE

Tjahikika voer aan die enigste uitweg is om dissiplinêre kwessies met betrekking tot die wangedrag van regspraktisyns reguit na die hoërhof te neem.

“Gegewe die mislukking van die dissiplinêre proses en die inagneming van die verpligting om op te tree ter bevordering van die openbare belang sowel as die beskerming van die publiek, is die enigste sinvolle stap om die hof se inherente toesighoudende jurisdiksie oor regspraktisyns te gebruik.

“Die alternatief sou wees om stil te staan en niks te doen nie terwyl die dissiplinêre proses net voortduur.”

HAROLDT KAMATUKA

Die hofsaak waarin Tjahikika dié beroep op die hoërhof doen om in te gryp en die LSN toe te laat om die huidige dissiplinêre proses vry te spring, is ’n saak wat die LSN teen Haroldt Kamatuka aanhangig gemaak het.

Die hof word versoek om Kamatuka se naam van die rol te skrap op grond van beweerde oneerbare optrede.

Kamatuka is in Junie 2022 deur die hoërhof as regspraktisyn toegelaat. Ná die LSN egter ’n klag teen hom ontvang het en ondersoek begin instel het, het dit aan die lig gekom hy is ’n veroordeelde misdadiger wat in Maart 1999 tot vyf jaar tronkstraf gevonnis is.

“Ons [LSN] was ten tyde sy toelatingsaansoek nie bewus van enige skuldigbevinding nie en het daarom ’n brief ten opsigte van sy toelating uitgereik wat aandui daar is geen besware teen sy aansoek nie,” het Tjahikika gesê.

Hy is destyds skuldig bevind op 15 klagte van bedrog, twee klagte van diefstal en een klag van omkopery. Hy het glo nie dié inligting met die hof gedeel voor hy toegelaat is nie.

“Hierdie weerhouding is voldoende om sy naam van die rol te skrap.”

Kamatuka word ook daarvan beskuldig dat hy N$3,9 miljoen van ’n kliënt (die klaer in die huidige saak) ontvang het vir veilige bewaring en om ’n eiendom te koop. Hy het glo nie die volle bedrag aan die klaer terugbetaal nie.

Kamatuka se verweer is dat die LSN nie die mag het om ’n aansoek te bring om sy naam van die rol te skrap nie en dat daardie mag slegs die dissiplinêre komitee beskore is.

Partye het gister voor regter Claudia Claasen verskyn en in ’n verslag aangedui dat hulle graag die saak voor die einde van die jaar aangehoor wil hê sodat dit speodig afgehandel kan word.–[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.48 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.51 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.25 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.47 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 323.37/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.50/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 905.40/T DOWN -0.2% | Brent Crude Oil US$ 84.21/BBP DOWN -0.0009 | Platinum US$ 974.22/OZ UP +0.00% Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.48 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.51 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.25 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.47 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 323.37/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.50/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 905.40/T DOWN -0.2% | Brent Crude Oil US$ 84.21/BBP DOWN -0.0009 | Platinum US$ 974.22/OZ UP +0.00%