'n Groep LGBTQIA -aktiviste en ondersteuners het op 16 Mei voor die hooggeregshof bymekaargekom om die uitspraak ten gunste van twee selfdegeslag-paartjies te vier. Foto Iréne-Mari van der Walt
'n Groep LGBTQIA -aktiviste en ondersteuners het op 16 Mei voor die hooggeregshof bymekaargekom om die uitspraak ten gunste van twee selfdegeslag-paartjies te vier. Foto Iréne-Mari van der Walt

Regering wil uitspraak ontleed

Binne grondwetlike raamwerk
Die regering sal op 'n gepaste tyd die publiek oor sy amptelike reaksie oor die hooggeregshof se uitspraak inlig.
Henriette Lamprecht
Jemima Beukes – Die regering het aangekondig hy gaan ’n wetlike evaluering doen om die toepaslike optrede binne die grondwetlike raamwerk te bepaal na aanleiding van die onlangse uitspraak van die hooggeregshof wat die regering verplig om buitelandse selfdegeslag-gades wat met Namibiërs getroud is, te erken ingevolge die land se immigrasiewette.

Die prokureur-generaal (PG), Festus Mbandeka, het in ’n verklaring wat gister uitgereik is, gesê die regering neem kennis van die hooggeregshof se uitspraak, en dat dit die onafhanklikheid van die regbank handhaaf en howe slegs aan die Grondwet en die wet onderworpe is.

“Gegewe die omvang van hierdie uitspraak en die breër regsimplikasies, is die regering in die proses om ’n wetlike evaluering van hierdie grondwetlike uitspraak uit te voer, voordat die gepaste optrede binne die beskikbare grondwetlike grense bepaal word. Die regering sal op ’n gepaste tyd die publiek oor die amptelike reaksie van die regering oor die uitspraak inlig,” het hy gesê.

Die menseregte-prokureur, Norman Tjombe, sê dit is binne die regering se regte om ’n wetlike evaluering van die implikasies van die uitspraak en bevel van die hooggeregshof te doen. Die nakoming van die hofbevel behoort egter nie ondergeskik te wees aan die evaluering wat gedoen moet word nie.

“In elk geval is die kwessie wat die hooggeregshof hanteer het, vir baie jare ’n aktuele een en beslis sedert die aanvang van die pas voltooide regsgeding. ’n Regsbeoordeling van al die moontlike uitkomste van die litigasie moes aan die begin reeds gedoen gewees het, nie wanneer die perd reeds uit die stal is nie.

“Ek hoop van harte die verklaring beteken nie dat die regering dit oorweeg om die bevel van die hoogste hof in die land te systap of daaraan te voldoen nie,” het hy gesê.

Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum (LAC), sê hoewel die PG die uitspraak erken, is sy besluit om die uitspraak uit te daag en wat insluit die oorweging van grondwetlike wysigings, ’n glibberige helling en iets wat net in uiterste gevalle gedoen word.

Sy stel voor dat die pad vorentoe ’n besluit op ’n referendum insluit, aangesien dit voorkom asof die algemene bevolking nie ’n kwessie met selfdegeslag-huwelike het nie.

“Ek hoop dit sal nie die geval wees nie. Ons moet wag en kyk wat hulle besluit. ’n Mens wonder hoekom doen ons nie dieselfde tipe introspeksie wanneer dit kom by mense in die land wat niks het om te doen nie.

“Die ander kwessie is ook, sou die wet wettiglik gewysig word, moet ’n mens vra hoe dit wettig kan wees wanneer dit steeds teen gelykheid en waardigheid is en wat in die Grondwet vervat is. Dit gaan ’n moeilike ding wees om te doen,” het sy gesê.

Mbandeka het verder ’n beroep op Namibiërs gedoen om hul reg tot vryheid van spraak verantwoordelik, konstruktief en met respek tot die regte van ander uit te oefen.

Laasgenoemde is in die lig van verskeie WhatsApp-groep teen gay mense wat die lig gesien het en homoseksualiteit as ’n gruwel veroordeel.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.19 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.51 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.18 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.51 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 299.40/OZ DOWN -0.0105 | Copper US$ 4.48/lb DOWN -0.0107 | Zinc US$ 2 913.30/T UP 0.05% | Brent Crude Oil US$ 84.70/BBP UP +0.48% | Platinum US$ 961.71/OZ UP +0.65% Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.19 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.51 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.18 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.51 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 299.40/OZ DOWN -0.0105 | Copper US$ 4.48/lb DOWN -0.0107 | Zinc US$ 2 913.30/T UP 0.05% | Brent Crude Oil US$ 84.70/BBP UP +0.48% | Platinum US$ 961.71/OZ UP +0.65%