Private hospitaal moet N$1,8 m. opdok ná verbroude operasie
Die hoërhof in Windhoek het die Enkehaus Private Hospitaal, sy mediese personeel en die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gelas om N$1 877 038 in vergoeding aan ’n inwoner van Katima Mulilo te betaal, wat sy been verloor het nadat ’n chirurgiese prosedure skeefgeloop het.
Die man het in November 2020 ’n laparotomie by die private hospitaal ondergaan, maar as gevolg van arteriële skade wat verband hou met die chirurgiese prosedure, het hy beperkte bloedvloei opgedoen. Dit het uiteindelik tot die amputasie van sy regterbeen bo die knie gelei.
In sy uitspraak het waarnemende regter Collins Parker gesê die hof het beide die hospitaal en dr. Bakashala Kombo (gelys as die tweede verweerder) aanspreeklik bevind vir nalatigheid en beslis dat hul optrede direk tot die pasiënt se beserings gelei het.
“Die hof het bevind dat die gevolge van die tweede verweerder se gedrag binne die risiko was wat deur sy insnydingsmetode geskep is.
“Gevolglik was die private hospitaal en die tweede verweerder aanspreeklik. Die tweede verweerder se gedrag was ’n sine qua non van die skade waaroor gekla is en die bewyse het die feitelike en wettige oorsaaklike verband vir aanspreeklikheid vasgestel,” lui die uitspraak.
Daarbenewens het Parker beslis dat die kernkwessie ’n mislukte poging deur Kombo was om die pasiënt se blindederm te verwyder deur ’n verkeerde insnyding in die regterlies in plaas van die buik te maak. Hierdie chirurgiese fout het gelei tot die atrofie van die regtertestikel en het die amputasie bo die knie genoodsaak om die pasiënt se lewe te red.
Regsbevindinge het bevestig dat Kombo se optrede die direkte oorsaak van die beserings was en dat beide die dokter en die hospitaal hul wetlike sorgplig verbreek het.
Ten spyte van pogings deur die verweerders om die saak vroegtydig van die hand te wys, het die hof beslis die getuienis wat deur die pasiënt, verteenwoordig deur sy prokureur Profysen Muluti, aangebied is, sterk was en dat die verdediging dit nie kon omvergooi nie.
Die hof het ook bevind dat dit redelik was om aanspreeklikheid op die verweerders te plaas vir die beserings wat opgedoen is. Terwyl die pasiënt aanvanklik meer as N$9,5 miljoen in skadevergoeding geëis het, het die hof N$1 877 038 vir algemene en spesiale skadevergoeding toegestaan.
Twee jaar gelede het Network Media Hub (NMH) tydens die verhoor berig dat Kombo, Enkehaus Private Hospitaal en die gesondheidsministerie in hul hofstukke verklaar het dat daar geen verband was tussen die laparotomie en die slagaarbesering wat tot die amputasie gelei het nie.
Volgens Kombo sou enige arteriële bloeding veroorsaak het dat die pasiënt uitgebloei en onmiddellik op die operasietafel gesterf het.
Hy het ook verklaar dat geen vaskulêre herstel tydens die laparotomie uitgevoer is nie, omdat hy nie die vaardighede daarvoor gehad het nie en dit die kundigheid van ’n vaskulêre chirurg sou vereis.
Verder het die dokter gesê dat die pasiënt met diepaarse trombose gediagnoseer is en daar is dieselfde aand besluit om hom na die Rundu Private Hospitaal vir ’n Doppler-ultraklankskandering oor te plaas, aangesien hierdie dienste destyds nie by Enkehaus beskikbaar was nie. Die hospitaal is amptelik in Mei 2021 deur die voormalige gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, geopen en het toe 33 personeellede gehad.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie