No Image Caption

#PasIn: Vyf moordverdagtes in hof

Jemimah Ndebele
Vyf verdagtes - Lukas Nghishekwa Simon, Festus Vulika Nehemia, Lukas Ndapanda Andreas, Kleopas Nghishikushtya Amutenya en Felix Armani Imfusi - wat aangekeer is vir die beweerde moord op Patrick Hawala Hamupunda, het vandag in die hof verskyn.

Die voorval het Sondagaand plaasgevind toe 'n groep van ongeveer vyf mans glo Hamupunda se slaapkwartiere in Mungundastraat, Katutura, binnegedring het en hom na bewering gesteek en geskiet het.

Die verdagtes het in die Katutura landdroshof verskyn, waar hul saak tot 28 September uitgestel is sodat hulle regverteenwoordiging kan bekom.

Al vyf bly in polisie-aanhouding tot hul volgende verskyning.

Kommentaar

Republikein 2025-09-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer