No Image Caption

#PasIn: PG verskyn môre in hooggeregshof

Kristien Kruger
Die prokureur-generaal (PG) van Namibië, Festus Mbandeka (foto), se appèlsaak teen die hoërhof se beslissing dat sekere dokumente bekend gemaak word wat verband hou met kabinetsbesluite oor destyde Covid-19-regulasies, sal môre in die hooggeregshof aangehoor word.

Hollard Insurance het in die hoërhof 'n aansoek gebring vir die openbaarmaking van sekere dokumente wat betrekking het op besluite van die kabinet wat verband hou met die instelling van regulasies ten tyde die uitbreek van die Covid-19-pandemie. Hollard het ook 'n bevel versoek vir die bywoning van die PG by die hofverrigtinge om die dokumente voor te lê. Hollard se aansoek is toegestaan en ’n dagvaarding vir die PG is uitgereik.

Die PG is egter ontevrede met die hoërhof se beslissing en het ’n aansoek gebring vir 'n bevel wat die dagvaarding tersyde stel op grond daarvan dat dit gebrekkig, onreëlmatig en ongeldig was. Die hof het die PG se aansoek van die hand gewys.

Die hof het beslis dat die PG versuim het om te bewys dat die dagvaarding 'n misbruik van die hofproses was en dat die betrokke dokumente irrelevant is tot die verrigtinge.

Die PG poog nou om die hoërhof se uitspraak en bevele in die hooggeregshof te appelleer.

Gondwana Collection is ook ’n respondent in die saak.

#RepNuus

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer