• Tuisblad
  • Howe
  • #PasIn: Ouers, stiefma wat teregstaan op moord van 9-jarige dogter vandag in hof

#PasIn: Ouers, stiefma wat teregstaan op moord van 9-jarige dogter vandag in hof

Kristien Kruger
Die Zimbabwiese egpaar wat tereg staan op die moord van die man se negejarige dogter wat hul na bewering noodlottig aangerand en daarna haar lyk in ’n vullisdrom gegooi het, het vanoggend in die hoërhof verskyn. Wyle Akundaishe Natalie Chipomho se biologiese ma is ook op ’n latere stadium van haar moord aangekla en die staat het nou aansoek gedoen dat die twee sake saamgevoeg word. Chipomho se ma, Rachel Kureva, haar pa, Edward Nkata, en stiefma, Caroline Nkata, het na bewering haar liggaam in ’n asdrom gegooi en dit na die vullisdrom in Windhoek-Noord geneem waarna hul dit glo aan die brand gesteek het. Al drie beskuldigdes het vandag voor regter Philanda Christiaan in die hoërhof in Windhoek se hofsaal by Windhoek Sentrale Gevangenis verskyn. VIDEO Kristien Kruger

https://q.my.na/CBN2

Kommentaar

Republikein 2025-08-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer