Lydia Elindi Foto verskaf
Lydia Elindi Foto verskaf

#PasIn: Namcor-Enercon-borgtogverhoor

Rita Kakelo
Landdros Linus Samunzala het borgtog van N$50 000 aan Lydia Elindi toegestaan – N$20 000 meer as wat die staat aanbeveel het.

Elindi sal ten spyte van die hoër borgtogbedrag vrygelaat word onder dieselfde streng borgtogvoorwaardes wat aanvanklik deur die staat voorgestel is.

Dit sluit in dat sy elke Dinsdag en Vrydag tussen 08:00 en 17:00 by die ACC-ondersoekbeampte moet aanmeld, haar paspoort en vuurwapen moet inhandig en nie die Windhoek-distrik moet verlaat sonder om die ondersoekbeamptes in kennis te stel nie.

Kommentaar

Republikein 2025-12-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer