#PasIn: Mbambi-inwoner en ReconAfrica tans besig met skikkingsonderhandelinge
In die saak waarin ’n inwoner van die informele nedersetting Mbambi in die Kavango-Oosstreek die oliereus, Reconnaissance Energy Namibia (ReconAfrica), in die hof uitdaag, is die saak vandeesweek uitgestel tot 23 Mei.
Volgens ’n hofbevel het partye die hof ingelig dat Andreas Sinonge en ReconAfrica in die proses van skikking is en tans teenaanbiedinge oorweeg wat gemaak is.
Sinonge het ook onlangs nuwe regsverteenwoordiging verkry en die regsverteenwoordiger is besig om homself met die saak te vergewis.
AGTERGROND
Die Shambyu Tradisionele Owerheid het in Oktober 2020 ’n toestemmingsbrief aan ReconAfrica oorhandig wat die maatskappy vanaf Maart 2021 bemagtig het om ’n gedeelte van die kommunale grond in Mbambi as boorperseel te beset.
Sinonge beweer dat hy ingevolge die wet op kommunale grondhervorming, eksklusiewe gewoontereg op die grond het en dat die oliemaatskappy sonder enige beraadslaging of vooraf kennisgewing die natuurlike woud en landerye op die kommunale grond vernietig het om hul tweede toetsboorgat te boor.
Sinonge eis ’n bevel om ReconAfrica van hul kommunale grond te verwyder en die gebied te rehabiliteer sodat hy na sy grond kan terugkeer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie