#PasIn: Klein oorwinning in hof vir buitelandse regslui wat in Namibië wil praktiseer
’n Nigeriese regslui wat ’n hofsaak teen die ministerie van justisie en die raad vir regsopleiding (BLE) aanhangig gemaak het omdat die BLE geweier het om haar aan die minister aan te beveel om as regspraktisyn in Namibië toegelaat te word, se saak is terugverwys na die hoërhof.
Nadat die hoërhof Imafon Akpabio se aansoek van die hand gewys het waarin sy die BLE se besluit uitgedaag het, het sy die hooggeregshof genader om die hoërhof se uitspraak te appelleer. Haar appèlaansoek is Vrydag in die hooggeregshof toegestaan en ingevolge die uitspraak sal die saak weer in die hoërhof hervat.
Akpabio het ’n meestergraad in regte wat sy in Nigerië verwerf het, sy het glo in Botswana as ’n landdros gedien en is na bewering in Tanzanië as regspraktisyn toegelaat.
Die BLE het geweier om haar aan die minister aan te beveel omdat sy glo nie ’n prospektus van die tydperk wat sy studeer het, kon verskaf nie. Sy voer egter aan dat die prospektus volgens die wet nie ’n vereiste is vir die aanbeveling nie en dat haar sertifikaat en amptelike afskrif van haar uitslae voldoende is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie