#PasIn: Hof beslis môre oor koste in saak teen vragmotorbestuurders
Die hof sal môre uitspraak lewer met betrekking tot koste vir die dringende aansoek wat Nel Sel-vervoer teen 34 van sy vragmotorbestuurders gebring het gedurende ’n staking in Februarie vanjaar.
Die hof het reeds ’n tussentydse interdik uitgereik wat die betogers belet het om die ingange te blokkeer en die besigheid se bedrywighede te belemmer.
Die kwessie waaroor die hoërhof in Windhoek nou moet beslis, is of die werknemers en die vervoerunie op 'n ligsinnige of lastige wyse opgetree het of nie. Indien dit die geval is, sal ’n kostebevel volg.
Hoewel die respondente aanvoer dat hulle nie op so ’n manier opgetree het nie, beweer Nel Snel-vervoer dat die unie en betrokke werknemers destyds geen poging aangewend het om ’n oplossing vir die probleem te kry nie en daarom het Nel Snel-vervoer glo geen ander keuse gehad as om die hof op dringende basis te nader en ’n interdik te verkry nie.
Die betogende vragmotorbestuurders het glo tydens die staking verhoed dat vragmotors by die besigheid se depot in Windhoek inkom of uitgaan. Dit het gelei tot vier vragmotors wat nie betyds hul aflewerings kon maak nie.
Nel Snel-vervoer het in hofstukke aangevoer dat dit nie net kan lei tot skadevergoedingseise deur sy kliënte en ’n impak op vervoerkontrakte nie, maar ook ’n nadelige impak op sy reputasie veroorsaak het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie