Oranjemund-dorpsraad staar eis in die gesig
Gedagvaar vir sowat N$5,8 miljoen
'n Regsfirma het 'n saak teen die dorpsraad van Oranjemund aanhangig gemaak omdat hulle nie vir aktebesorgingsdienste betaal het nie.
’n Regsfirma dagvaar die Oranjemund-dorpsraad vir sowat N$5,8 miljoen vir die lewering van aktebesorgingsdienste waarvoor die raad na bewering nie betaal het nie.
Volgens Gaenor Michaels & Associates is ’n geskrewe ooreenkoms met die raad aangegaan.
Die twee partye het vanaf September 2017 tot Junie 2018 ’n ooreenkoms gehad en die regsfirma het op 8 Augustus 2018 hul heraanstelling rakende aktebesorging aanvaar. Dié ooreenkoms sou tot 31 Augustus 2023 duur.
Volgens hofstukke het die firma teen die einde van September 2018 'n totaal van 190 instruksies vanaf die raad ontvang. Die instruksies was glo van die raad se eiendom- en grondbestuursbeampte, mnr. Jason Naipwashimwe, en is met die hand by die regsfirma se kantoor afgelewer.
Benewens vir die werk wat die prokureursfirma vanaf 6 Augustus 2018 tot September 2018 gedoen het, is nog 1 128 fakture uit Junie 2019 onbetaald. Dit bring die totale uitstaande rekeninge te staan op 1 328; teen ‘n gemiddelde bedrag van N$4 371,83 per aktebesorging per eiendom (BTW ingesluit).
REKORDHOUDING
Volgens Gaenor Michaels & Associates was daar ooreengekom dat die firma die raad sou faktureer en rekord hou van die dienste wat gelewer is.
“Die eiser pleit dat die individuele fakture ’n totale bedrag van N$5 805 794 beloop.
“Dit was in ooreenstemming met die tariewe vir aktebesorging, asook die ooreenkoms wat tussen die partye aangegaan is vir die dienste wat gelewer is,” lui die praktyk se hofstukke.
Die praktyk beweer die dorpsraad het kontrakbreuk gepleeg aangesien hulle tot nou toe versuim het om enige betalings te maak.
"Dit was ook 'n bepaling van die aanstelling van die eiser dat die verweerder betalings stiptelik op die laaste Donderdag van die maand gedurende die kontraktuele tydperk sou maak ."
Die Oranjemund-dorpsraad het nog nie hul pleitstukke by die hof ingedien nie en partye het Maandag voor regter Herman Oosthuizen in die hoërhof in Windhoek vir saakbeplanning verskyn. – [email protected]
Nota: Hierdie aanlynberig is op 29 April 2022 gewysig om die korrekte aantal fakture te weerspieël. 'n Regstelling is op dieselfde dag in die gedrukte uitgawe publiseer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie