Openbare veiling moet skuld aan Engen delf
Eco Fuel Investments CC, wat handel dryf as Eco-Fuel en vanuit Buffalo Signs in Windhoek bedryf word, staar 'n openbare veilingbevel in die gesig om uitstaande skuld van byna N$5,5 miljoen aan Engen Namibia te verhaal wat dateer uit 4 Junie 2024.
Dit volg op 'n hoërhofuitspraak wat op 17 Julie 2024 uitgereik is teen Eco-Fuels wat besit word deur sy omstrede direkteure Austin Elindi en die voortvlugtige sakeman Victor Malima. Die uitspraak was ten gunste van die brandstofgroothandelaar Engen Namibia, met Eco-Fuels wat sukkel om onbetaalde brandstoffakture te vereffen.
Nadat 'n verstekvonnis en 'n lasbrief tot eksekusie vandeesmaand uitgereik is, probeer Elindi wat in aanhouding is nadat hy by die Namcor-Enercon-brandstofskandaal betrek is, nou om die vonnis tersyde te stel.
Die twee voer aan dat hulle onbewus was van die regstappe wat teen hulle ingestel is en eers van die verstekbeslissing bewus geword het, nadat die hof reeds die eksekusiebevel goedgekeur het.
Johanna Nyambe van Sisa Namandje & Co. Inc., wat Eco-Fuel verteenwoordig, het in hofstukke aangedui dat die maatskappy “nooit behoorlik van die dagvaarding of enige regsdokumente met betrekking tot die saak beteken is nie”.
Volgens haar funderende eedsverklaring het die verstekvonnis wat op 17 Julie 2024 toegestaan is, “eers op 25 Julie onder mnr. Elindi se aandag gekom”, 'n week nadat 'n lasbrief tot eksekusie reeds uitgereik is.
Volgens Nyambe het die maatskappy nie doelbewus die verrigtinge geïgnoreer het nie.
“Daar was nooit enige opsetlike wanbetaling aan die kant van Eco-Fuel nie. As hulle bewus was van die aksie, sou die saak verdedig gewees het,” het sy gesê.
'n Herroeping van die vonnis word nou versoek.
“Ons versoek die hof met respek om die verstekvonnis te herroep en die lasbrief tot eksekusie op te skort, hangende die finalisering van hierdie aansoek,” het Nyambe in haar beëdigde verklaring gesê.
Die besonderhede van die eis lui dat Engen Eco Fuel se aansoek goedgekeur het en 'n ooprekeningfasiliteit toegestaan het, wat Eco Fuel in staat gestel het om grootmaat brandstofaflewerings te bestel en te ontvang soos benodig.
Die partye het aanvanklik beide mondelings en by stilswyende instemming, ooreengekom dat brandstof teen gereguleerde pryse verkoop sou word, aangepas deur kortings en afleweringskoste.
Engen het fakture vir elke transaksie uitgereik, met betaling wat óf onmiddellik met aflewering óf, soos later ooreengekom, binne 30 dae ná die faktuurdatum betaalbaar is. Eco Fuel het 'n spesifieke adres in Windhoek aangedui vir die ontvangs van regskennisgewings.
Ten spyte van die uitvoering van bestellings en die ontvangs van fakture in ooreenstemming met die voorwaardes, het Austin na bewering versuim om sekere fakture te betaal vir brandstof wat in Julie en Augustus 2021 afgelewer is. Dit het gelei tot 'n uitstaande skuld van byna N$5,5 miljoen wat brandstofkoste minus kortings en afleweringskoste ingesluit het.
Vorige sake
In Junie is Enercon en Erongo Petroleum onder voorlopige likwidasie geplaas weens stygende skuld, insluitend honderde miljoene wat aan Namcor verskuldig is. Austin het egter die hoërhof versoek om die likwidasieproses te staak, aangesien die maatskappye 'n hangende aandelebeleggingsooreenkoms van N$774 miljoen van 'n Hong Kong-gebaseerde firma, Pacific Creation Limited, gehad het wat beide maatskappye sou red. Elindi het aangevoer dat likwidasie voortydig was en dat die belegging sou help om skuld te vereffen, bedrywighede te herstel en die maatskappye finansieel te stabiliseer. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie