Ondangwa-hofpersoneel afwesig te midde van vrees
Begrotingsbeperkings kniehalter verbeterde sekuriteitsmaatreëls
Slegs een aanklaer was Maandag beskikbaar om vier hofsale by die Ondangwa-landdros- en streekhof te hanteer, terwyl een landdros opvallend afwesig was te midde van groeiende vrese onder hofpersoneel ná Vrydag se wrede aanval op ’n aanklaer by haar huis.
Network Media Hub (NMH) het die hof besoek en bevind dat die personeeltekort drie distrikshowe en die streekhof met ’n enkele aanklaer gelaat het, wat die wydverspreide uitstel van sake genoodsaak het.
As gevolg van die kritieke tekort het een hofsaal ’n polisiebeampte gebruik om sake uit te stel – ’n funksie wat gewoonlik deur landdroste in oorleg met aanklaers verrig word.
Die spanning volg op verlede week se skokkende aanval op die streekhofaanklaer Justine Shiweda wat deur onbekende aanvallers by haar huis geskiet en ernstig beseer is. Sy het die voorval oorleef en ontvang tans mediese behandeling. Die voorval, wat net dae ná 'n inbraak by haar huis plaasgevind het, het haar kollegas geskok en vreesbevange gelaat.
‘GEEN EKSTRA SEKURITEIT’
Polisieondersoeke is aan die gang.
Hofpersoneel het egter hul teleurstelling uitgespreek dat geen sigbare veiligheidsmaatreëls geïmplementeer is toe hulle Maandag teruggekeer het werk toe nie.
“Vandag gaan dit soos gewoonlik by die hof voort. Geen reserwemag nie. Geen ekstra beskerming nie. Niks,” het een hofwerknemer gesê.
“Hierdie mense is nie ernstig nie – nie die polisie nie, nie die aanklaer-generaal se kantoor nie, nie die regbank nie. Hulle gee net nie om nie.”
Alhoewel dit steeds onduidelik is of die aanval werkverwant of persoonlik was, is soortgelyke voorvalle wat hofpersoneel geteiken het, in onlangse jare aangemeld.
BEGROTINGSBEPERKINGS
Die uitvoerende direkteur in die kantoor van die regbank, Benhardt Kukuri, het erken dat onvoldoende befondsing van die tesourie steeds pogings ondermyn om sekuriteit by howe oraloor die land te versterk.
“Slegs regters ontvang polisiebeskerming by hul huise. Landdroste en aanklaers, wat daagliks gevaarlike sake hanteer, leef dikwels onder onveilige omstandighede,” het hy gesê.
Kukuri het verduidelik dat die regbank se vermoë om sekuriteit te verbeter geheel en al afhang van wat hy uit die nasionale begroting ontvang en die samewerking van belanghebbendes soos die polisie.
“Ons kan net werk met wat ons het. As daar geen geld is nie, kan ons amptenare slegs aanraai om na hulself om te sien. Dis ’n duur en ingewikkelde kwessie wat ernstige ingrypings verg,” het hy benadruk.
Hy het bevestig dat die Ondangwa-landdroshof lank reeds as ’n sekuriteitsbrandpunt beskou word en gesê hy sal die jongste voorval opvolg met sy terugkeer van ’n reis in die buiteland.
Kukuri het bygevoeg dat kommer oor hofveiligheid ook geopper is tydens die belanghebberkonsultasies van die parlementêre staande komitee oor grondwetlike, regsake en klagskrifte op Opuwo in Julie, wat daarop gemik was om toesig en gesprekke met instellings in die justisiesektor te versterk.
DOEN BEROEP OP KALMTE
Die bevelvoerder van die Namibiese polisie in die Oshanastreek, komm. Naftal Lungameni Sakaria, het ’n beroep gedoen op kalmte en gesê die voorval moet nie paniek of die wanindruk skep dat howe onveilig is nie.
“Dis ’n geïsoleerde voorval – waarskynlik die eerste van sy soort,” het Sakaria gesê.
“Ondersoeke is aan die gang en ons hoop om tot die kern van die saak te kom. Ek wil nie alarm maak nie. Mense is veilig.”
Hy het gesê bykomende beamptes is na die howe in Ondangwa ontplooi en dat wetstoepassing sal voortgaan om die veiligheid van hofbeamptes te verseker.
“Mense moet ook voorsorgmaatreëls tref. Ons het beamptes by howe oraloor die streek.
“Slegs regters ontvang egter huisbeskerming, en dit is onmoontlik om sekuriteit aan elke landdros en aanklaer toe te ken gegewe ons beperkte hulpbronne,” het hy bygevoeg.
’N PATROON VAN INTIMIDASIE
Die Ondangwa-aanval volg ’n kommerwekkende patroon van geweld en intimidasie teen regterlike beamptes in Namibië.
In Augustus 2007 is die huis van die destydse Oshakati-distrikslanddros Thomas Kanime op Ongwediva met ’n petrolbom bestook terwyl hy ’n hoëprofielsaak waarby ’n plaaslike gesin betrokke was, gelei het. Hy het homself later onttrek en die aanval as ’n daad van intimidasie beskryf.
In 2023 het landdros Nelao Ya France Jeremia Nadhipite Shipanga tot drie maande tronkstraf gevonnis vir minagting van die hof nadat hy 'n skoen gegooi en ’n vroue-aanklaer aangeval het tydens die verrigtinge by Ondangwa.
In Oktober 2024 het beweerde brandstigting die kantoor van die staatsaanklaer by die Gobabis-landdroshof vernietig, wat veroordeling van die Landdroste- en Regtersvereniging van Namibië ontlok het. Die vereniging het gewaarsku dat onvoldoende sekuriteit by howe landswyd ’n nasionale bron van kommer geword het.
Vroeër in 2024 het ’n veroordeelde dwelmhandelaar landdros Unchen Konjore in die landdroshof op Keetmanshoop aangeval, oor die beskuldigdebank gespring en haar in die gesig geslaan ná vonnisoplegging.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie