NYC kry hofbevel teen betogers
'Hulle probeer ons stilmaak'
Ná 'n betoging die afgelope paar dae by die Nasionale Jeugraad se kantoor in Windhoek, het die hof gister 'n tydelike hofbevel uitgereik.
Die Nasionale Jeugraad (NYC) het daarin geslaag om ’n stokkie voor betogers se optrede te steek deur ’n hofbevel te bekom wat sekere gedrag verbied.
Die hoërhof in Windhoek het gister ’n dringende aansoek deur die NYC vir ’n tydelike bevel (rule nisi) toegestaan.
In die hofbevel word betogers verbied om die bedrywighede van die raad te ontwrig, toegang tot die NYC se perseel te beperk, die kantore te sluit, die krag af te skakel en die personeel te intimideer.
Die NYC se tussentydse voorsitter, Beverly Silas-!Garas, het Maandag die dringende aansoek teen William Minnie, die woordvoerder van die Landless People’s Movement (LPM) se jeugliga, Julia Nekwaya, die sekretaris-generaal van die People’s Democratic Movement se jeugliga, en ’n ander betoger genaamd Jafet Amakali, aanhangig gemaak.
“Hulle probeer ons stilmaak met hierdie interdik,” het Nekwaya aan Network Media Hub (NMH) gesê en bygevoeg dat dit nie gaan werk nie.
Die bevel sal geldig wees tot 18 Februarie waarna partye weer in die hof sal verskyn en die drie respondente sal moet bewys waarom die bevel nie ’n finale bevel gemaak moet word nie.
Die drie respondente het reeds die hof in kennis gestel van hul voorneme om die aansoek teen te staan en sal ingevolge die hofbevel hul beantwoordende verklaring voor 24 Januarie indien.
Partye sal weer op 18 Februarie in die hof verskyn.
BETOGING
Die groep van sowat 50 mense het Vrydag by die NYC se kantoor betoog en na bewering die onmiddellike sluiting van die kantoor geëis.
Dié onstuimigheid onder jongmense volg nadat die minister van sport, jeug en nasionale diens, Agnes Tjongarero, die voormalige jeugraad afgedank het omdat hulle glo nie haar opdragte gehoorsaam het nie. Sy het daarna ’n tussentydse raad aangestel waarvan Silas-!Garas as voorsitter aangewys is.
Volgens Silas-!Garas se beëdigde verklaring was sy in haar kantoor toe die groep betogers die gebou “bestorm” het.
“Die groep het direk na my kantoor beweeg. Ek het myself in my kantoor toegesluit om my veiligheid te verseker. My kantoor het glasmure, wat my sigbaar gemaak het vir die groep,” vertel sy.
Sy het glo onmiddellik die polisie gekontak en het die gebeure op sosiale media gedeel.
“Weens die eskalerende bedreiging het ek 'n regstreekse uitsending op Facebook begin om die voorval te dokumenteer, my veiligheid te beskerm en ’n openbare rekord van die gebeure te skep.”
Een polisiebeampte het glo ná sowat 20 minute by die perseel opgedaag en probeer om die groep betogers te kalmeer. Silas-!Garas meen dit was tevergeefs, want “hul gedrag het aggressief gebly”.
Sy verduidelik verder dat die groep fisiese dreigemente gemaak het en personeel geïntimideer het deur op die kantoor se venster en deure te slaan.
Sy beweer verder dat hulle die hoof- elektriese skakelaar afgesit het en sowat 20 werknemers is glo gedwing om die perseel te verlaat.
“Die groep het slagspreuke geskree wat my bedanking geëis het en gedreig om met hul ontwrigtende optrede voort te gaan totdat ek as voorsitter uitgetree het,” vertel sy.
Maandagmiddag het ’n groep betogers vreedsaam om die NYC se gebou gesit en Nekwaya het die volgende aan NMH gesê: “Ons wil nie weer as ‘hooligans’ geëtiketteer word nie. Ons is rustig en sal stil in die skaduwee sit – ons sal nie hierdie gebou binnegaan nie.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie