Nonne soek hul geld
Die Verbond van die Heilige Kruis (Covenant of the Holy Cross), ’n gemeente van nonne, het hul mes in vir Standard Bank nadat dié bank glo sonder hul toestemming die oordrag van N$640 000 na ’n Suid-Afrikaanse bankrekening goedgekeur het.
Die nonne dring nou aan op die terugbetaling van N$240 017 nadat die bank opdrag gegee is om die geld gedeeltelik terug te kry wat glo op bedrieglike wyse uit die organisasie se bankrekening oorgedra is. Volgens ’n beëdigde verklaring is ’n bedrag van N$149 000 van die organisasie se Okongo-rekening sonder enige mandaat en of toestemming na hul hoofrekening oorgeplaas.
“Op dieselfde dag is N$491 000 van die Covenant of the Holy Cross se hoof- besigheidsrekening sonder mandaat, kennis of goedkeuring na ’n onbekende Suid-Afrikaanse rekening oorgeplaas,” lui hofdokumente.
Die ongemagtigde oorbetalings is volgens die nonne onder die bank se aandag gebring, terwyl dit ook by die Namibiese polisie aangemeld is.
“Covenant of the Holy Cross het tot op hede geen ander betaling van Standard Bank met betrekking tot die uitstaande bedrag ontvang wat sonder sy kennis, goedkeuring of magtiging uit sy rekening oorbetaal is nie,” aldus die nonne se verklaring.
Die oordrag is vreemd gevind omdat geen internasionale oorbetalings gewoonlik uit die organisasie se rekeninge gedoen word nie.
“Die bedreiglike en ongemagtigde transaksie was ongewoon en vreemd omdat die Covenant of the Holy Cross nooit of selde enige internasionale oorbetalings na ’n buitelandse bankrekening doen. Die verweerder het nie navraag oor die ongewone transaksie gedoen voordat dit verwerk is nie en het sodoende misluk in sy plig van sorg en deeglikheid,” sê die hofdokumente.
Die Covenant of the Holy Cross word deur FB Law Chambers verteenwoordig, en Anne Shilengudwa vir Standard Bank.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie