Napwu van nalatigheid aangekla

N$1 miljoen se skadevergoeding geëis
Die uitspraak in 'n saak waarin die vakbond vir meer as een miljoen dollar se skadevergoeding gedagvaar word, is vir die derde keer uitgestel.
Kristien Kruger
’n Voormalige werknemer van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu) hof toe gesleep oor beweerde nalatigheid as professionele liggaam.

Mnr. Bernardus Araeb het die saak in Desember 2019 aanhangig gemaak nadat Napwu versuim het om sy saak van beweerde onwettige ontslag van sy werk betyds by die kantoor van die arbeidskommissaris aan te meld en die saak op grond van verjaring misluk het.

Araeb eis sowat N$1 miljoen in skadevergoeding van Napwu vir onder meer die verlies aan inkomste, asook vergoeding vir die skuld en boetes wat hy as gevolg daarvan op die lyf geloop het.

Uitspraak in die saak was geskeduleer om op 21 Februarie vanjaar gelewer te word, maar regter Marlene Tommasi het Dinsdag die uitspraak vir die derde keer uitgestel omdat die uitspraak nog nie gereed is.

Die uitspraak sal nou op 14 April in die hoërhof in Windhoek gelewer word.

AGTERGROND

Araeb beweer dat hy op 24 Oktober 2016 afgedank is en op dieselfde dag na Napwu gegaan het sodat hulle die saak na die kantoor van die arbeidskommissaris kan verwys.

“Hulle het hom verseker die saak sal hanteer word. Die eiser het by verskeie geleenthede navraag gedoen oor die status van sy saak, maar daar was geen bevredigende antwoord nie. Hy is verseker dat die saak ‘onder beheer’ is.”

Die saak is volgens hom eers ’n jaar ná sy afdanking voorgekom, maar die saak is uitgegooi op grond van verjaring.

“Die verweerder het nagelaat om die saak binne ses maande na die kantoor van die arbeidskommissaris te verwys.”

Araeb beweer twee van sy kollegas wat ook afgedank en deur die Namibiese verpleegstersvakbond (Nanu) verteenwoordig is, was suksesvol in hul saak en is gevolglik heraangestel en vergoed.

N$1M SE SKADEVERGOEDING GEËIS

Araeb voer aan Napwu se nalatigheid het veroorsaak dat hy werkloos en sonder inkomste gelaat is. Hy beweer dit is ook ’n hoofoorsaak dat hy nie intussen ’n nuwe werk kon kry nie, weens die swak verwysing op sy naam omdat hy afgedank is.

Hy is glo ook ontneem van ’n geleentheid om aangehoor en moontlik heraangestel te word.

Hy het skuld aangegaan en moes boetes van sy krediteure in maandelikse paaiemente afbetaal. Hy moes ook in 2016 sy studies by Mancosa College beëindig weens onvermoë om klasgeld te betaal.

Araeb eis daarom sowat N$474 000 vir verlies aan inkomste, N$304 000 vir oortydvoordele en sowat N$32 000 vir bonusse. Boonop eis hy sowat N$30 000 vir skuld en boetes, sowat N$160 000 vir toekomstige inkomste, asook N$17 000 vir die verlies van klasgeld vir Mancosa College.

Araeb se eis van skadevergoeding beloop dus sowat N$1 070 000.

HOËRHOF SE JURISDIKSIE ONDER DIE LOEP

Napwu het aanvanklik aangevoer die hoërhof het nie die jurisdiksie om sake oor die beweerde misdryf van unies te hanteer nie.

“Indien ’n klag van vakbondwangedrag ingevolge die arbeidswet gemaak word, moet dit eers deur die Arbeidskommissaris se kantoor en dan die arbeidshof aangehoor word,” lei Napwu se pleitstukke.

Hulle het aangevoer Araeb se eis moet op grond hiervan van die hand gewys word.

Napwu ontken dat hulle nalatig opgetree het en voer aan Araeb het nie bewys dat sy saak suksesvol sou wees nie.

“Al sou die eiser by arbitrasie slaag, sou hy nie die skadevergoeding wat geëis is, ontvang het nie. Indien die skade wel strafbaar is, het die eiser nie die nodige elemente as sodanig bewys nie.”

Hoewel Araeb beweer hy was ’n opbetaalde lid van die vakbond, ontken Napwu dié stelling.

“Die eiser was ’n lid van ’n ander vakbond (Nanu) en die verweerder se konstitusie verbied dubbele lidmaatskap.”

Napwu beweer ook hulle het nie al die relevante inligting en dokumentasie gehad nie en dat Araeb geen bewyse het dat hy vir hulle die instruksie gegee het om die saak na die kantoor van die arbeidskommissaris te neem nie

DATUM VAN AFDANKING

Napwu het aanvanklik beweer Araeb is reeds in Junie/Julie 2015 afgedank, maar hy het hulle eers in Oktober 2016 genader.

“Dis langer as ses maande waarin ’n dispuut van ’n onbillike afdanking verwys moet word. Die verjaring is dus nie as gevolg van die verweerders se optrede nie, maar eerder die eiser se nalatigheid,” lui Napwu se aanvanklike pleitstukke.

Araeb het aangevoer dat hy sy brief van amptelike afdanking op 24 Oktober 2016 ontvang het – dieselfde dag wat hy Napwu genader het.

Tydens die verhoor is deur ’n getuie bevestig dat die datum van afdanking wel 24 Oktober was.

Napwu beweer dat hulle nooit die amptelike brief ontvang of gesien het nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%