Mynbates bly (vir nou) by Elizabeth Bay-myn

Tusssentydse interdik toegestaan
Ingevolge 'n hofbevel word Sperrgebiet Diamond Mining verbied om bates vanaf Elizabeth Bay-myn na Zimbabwe te vervoer, hangend 'n aansoek om likwidasie.
Kristien Kruger
Die hoërhof het Sperrgebiet Diamond Mining (SDM) Vrydag verbied om enige van die bates, masjinerie of toerusting - wat dit glo verkoop en na Zimabawe wou vervoer het - hangend die uitkoms van ’n aansoek om likwidasie van die Elizabeth Bay-myn te verwyder.

Dit volg nadat Lewcor Holdings die hoërhof genader het met ’n dringende aansoek en die bewering dat SDM die myn leegdra voordat die likwidasie-aansoek goedgekeur en miljoene aan krediteurs uitbetaal moet word.

SDM het egter aangevoer dat die verkoop van die items deel is van hul nuwe strategie om die myn weer winsgewend te maak en dat hulle reeds in Junie 2023 die goedere verkoop het, lank voor die aansoek om likidasie ingedien is.

Regter Thomas Masuku het beslis om die tussentydse interdik toe te staan wat SDM verbied om enige bates van die myn te verwyder wat onder die beheer van die likwidateurs sou val, indien die aansoek om likwidasie toegestaan word.

BETOË

Lewcor het ’n 17%-aandeel in die uitgereikte kapitaal van SDM en beweer dat SDM vir ’n geruime tyd nie die myn winsgewend bedryf het nie. Laasgenoemde het gelei tot die staking van alle bedrywighede by die myn in April 2023. In Februarie 2023 het SDM 'n verlies van N$118 miljoen aangeteken.

Volgens Lewcor het hulle inligting van ’n hokaairoeper ontvang dat SDM van plan is om masjinerie van die myn te verwyder en na Zimbabwe te vervoer.

Lewcor se regsverteenwoordiger, adv. Raymond Heathcote, het aangevoer dat die masjinerie van kritieke belang vir die bestuur van 'n myn is en beklemtoon dat indien die hof uiteindelik die likwidasiebevel sou toestaan, 'n likwidateur 'n leë dop sou vind.

Volgens Heathcote tree Lewcor op vir die beskerming van sy belange en dié van ander krediteure van SDM.

SDM se verteenwoordiger, adv. Ronel Lewies, het aangevoer dat die betrokke goedere, slegs “surplus bates” was – bates wat oortollig, verouderd of items is wat nie meer deur SDM gebruik word nie.

Hulle het die bewerings ontken dat hulle opgetree het met ’n bedoeling om die skuldeisers in te loop deur die betrokke bates te verkoop.

SDM beweer dat ’n derde party glo reeds vir die items betaal het. Masuku het egter beslis daar is min inligting of bewyse voor die hof om dié bewering te ondersteun.

“Sou dit waar wees, is die beweerde koper geregtig om op die gepaste tyd 'n regverdigende aansoek voor hierdie hof te bring. Soos sake staan, is dit 'n blote bewering sonder enige onafhanklike bewys,” lui sy uitspraak.

Lewies het ook aangevoer dat die aansoek nie dringend is nie, omdat hulle reeds in Oktober 2023 vir Lewcor in kennis gestel het van hul voorneme om die bates te verkoop en van die myn te verwyder.

UITSPRAAK

Masuku het bevind dat die aansoek wél dringend is ten spyte van die feit dat die partye moontlik vooraf gekommunikeer het.

“Ek is van mening dat watter vorige kommunikasie ook al tussen die partye uitgeruil is, die ontdekking van die vragmotor wat gereed was om van Namibië na Zimbabwe te vertrek, 'n sneller vir die dringendheid was. Sodra die applikant [Lewcor] inligting van hierdie laaste aktiwiteit verkry het, het hulle die hof met die nodige spoed genader,” lui die uitspraak.

Masuku het ook daarop gewys dat die feit dat Lewcor ’n tussentydse interdik soek, ’n rol gespeel het in die hof se beslissing.

“Wat die eerste vereiste van die tussentydse interdik betref, hoef die applikant nie die hof te oortuig dat hy 'n duidelike reg het nie. Daardie vereiste geld waar die party 'n finale interdik soek. Wat die applikant hier moet aantoon, is dat dit 'n prima facie-reg het, selfs al is dit oop vir twyfel. Ek vind dat daar wel prima facie is,” lui die uitspraak.

Masuku sê ook in sy uitspraak dat hy van mening is dat Lewcor en SDM se ander skuldeisers onherstelbare skade sal ly indien die interdik nie toegestaan word nie.

“Dit is die applikante se saak dat indien die tussentydse bevel nie uitgereik word nie en die eiendom na Zimbabwe vervoer sou word, dit uit hierdie jurisdiksie verwyder sal wees en moontlik tot nadeel van die applikant [Lewcor] en ander skuldeisers van die respondent sal wees.”

“Daar is geen waarborg dat die bates in goeie toestand gehou sal word en in goeie orde teruggestuur kan word nie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal | Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca | Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino | SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 3 Leicester City | Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City English Championship: Preston North End 0 vs 3 Leicester City | Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 15° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 30° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:33, High tide: 07:25, Low Tide: 02:00, High tide: 20:21 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:31, High tide: 07:23, Low Tide: 02:00, High tide: 20:19 Walvis Bay: 19° | 30° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:31, High tide: 07:22, Low Tide: 02:00, High tide: 20:18 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 33° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 15° | 32° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 21° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 16° | 26° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.75 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.04 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.8 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389 | USD to ZAR 18.74 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76456.15 Up +1.44% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1707.28 Up +2.04% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13373.9 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26011.28 Up +5.57% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.38/OZ DOWN -0.0148 | Copper US$ 4.54/lb DOWN -0.002 | Zinc US$ 2 870.80/T DOWN -3.13% | Brent Crude Oil US$ 86.49/BBP DOWN -0.0213 | Platinum US$ 937.04/OZ UP +2.70% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal | Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca | Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino | SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 3 Leicester City | Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City English Championship: Preston North End 0 vs 3 Leicester City | Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 15° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 30° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:33, High tide: 07:25, Low Tide: 02:00, High tide: 20:21 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:31, High tide: 07:23, Low Tide: 02:00, High tide: 20:19 Walvis Bay: 19° | 30° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:31, High tide: 07:22, Low Tide: 02:00, High tide: 20:18 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 33° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 15° | 32° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 21° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 16° | 26° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.75 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.04 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.8 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389 | USD to ZAR 18.74 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76456.15 Up +1.44% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1707.28 Up +2.04% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13373.9 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26011.28 Up +5.57% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.38/OZ DOWN -0.0148 | Copper US$ 4.54/lb DOWN -0.002 | Zinc US$ 2 870.80/T DOWN -3.13% | Brent Crude Oil US$ 86.49/BBP DOWN -0.0213 | Platinum US$ 937.04/OZ UP +2.70%