‘Moordenaarpa’ in hof
Thomas Sheya (33), wat na bewering Sondag sy twee kinders, Ruusa (4) en Andreas (2), in Onkani in die Oshikotostreek vermoor het, is borgtog geweier tydens sy eerste verskyning voor landdros Nelao Ya France in die Ondangwa-landdroshof gister. Hy staan tereg op twee aanklagte van moord en het aangedui dat hy om regshulp gaan aansoek doen. Die saak is tot 23 Maart 2026 uitgestel, hangende die uitslae van die nadoodse en verdere ondersoeke. Volgens die polisie het Sheya Vrydag saam met sy kinders van Windhoek huis toe gereis. Sondag het hy beweer hy het hulle na ’n oplaaipunt vergesel. Hy het egter later ’n SMS aan familielede en die kinders se ma gestuur waarin hy glo erken dat hy hulle vermoor het. Hy het hom Maandagoggend by die polisiekantoor op Okatope oorgegee. Foto TUYEIMO HAIDULA
Kyk die video hier:
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie