Foto argief
Foto argief

Moordenaar wil wéér teen vonnis appelleer

Aansoek om verlof tot appèl hangend
'n Man wat in 2019 sy meisie vermoor het, poog om in die hooggeregshof teen sy vonnis van 18 jaar te appelleer.
Kristien Kruger
’n Veroordeelde moordenaar wat tans by die Hardap korrektiewe dienste op Mariental in aanhouding is, poog om in die hooggeregshof teen sy vonnisoplegging te appelleer nadat sy vorige appèlaansoek in die hoërhof misluk het.

Derick Januarie is vier jaar gelede skuldig bevind aan die moord op sy meisie wat hy tydens ’n woede-uitbarsting met ’n mes doodgesteek het.

Die aansoek om verlof tot appèl om teen die saak in die hooggeregshof te appelleer, is Maandag deur regters Dinah Usiku en Claudia Claasen in die hoërhof in Windhoek aangehoor.

AGTERGROND

Januarie is op 6 Junie 2019 in Rehoboth se streekhof tot 18 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op sy meisie wat hy op 1 Januarie 2019 op ’n plaas in die Nauchas-omgewing vermoor het.

Volgens Januarie se getuienis en pleitverduideliking het die oorledene hom met ’n ander man verneuk. Hy is op 1 Januarie 2019 na haar huis om haar daaroor uit te vra, maar sy wou nie met hom praat nie.

’n Ooggetuie het gesien hoe Januarie die oorledene teen die muur en op die grond vasdruk en oor haar staan. Januarie het daarna opgestaan en weggehardloop. Volgens die getuie het die oorledene ook opgestaan en na buite gehardloop terwyl sy om hulp geroep het.

Volgens die ooggetuie het sy neergeval en toe sien sy die bloed wat by haar nek uitvloei.

Die nadoodse ondersoek het bepaal dat die oorledene een keer met ’n mes in die bors en een keer in die nek gesteek is en dit het tot haar dood gelei.

Januarie se verweer was dat hy in ’n toestand van niepatologiese outomatisme opgetree het.

“Die oorledene was my meisie. Ek het uitgevind sy was ontrou en dat sy my nie meer wou sien nie. Ek het ’n breinfloute gehad en eers die volgende dag tot my sinne gekom. Ek kan nie onthou wat gebeur het nie.”

“Ek pleit onskuldig omdat ek geen beheer oor my optrede gehad het nie. Ek kon nie onderskei tussen reg en verkeerd nie. Dit was nie my bedoeling om haar dood te maak nie,” lui Januarie se pleitverduideliking.

Die staat het aangevoer Januarie het reeds voor die aanval van haar beweerde ontrouheid geweet en dat hy daarom nie so emosioneel oorweldig kon wees as hy reeds bewus daarvan was nie.

APPÈLAANSOEK BY HOËRHOF

Die huidige aansoek om verlof tot appèl volg ná Januarie ’n appèlaansoek teen sy vonnisoplegging en skuldigbevinding in die hoërhof in Windhoek gebring het.

Daardie aansoek het misluk en daarom doen hy nou aansoek om verlof tot appèl om die uitspraak in die hooggeregshof uit te daag.

Januarie beweer die landdros wat hom in 2019 gevonnis het, het twee foute begaan.

Landdros Alexis Diergaardt het Januarie se bewering verwerp dat hy as gevolg van sy emosionele toestand nie sy optrede kon beheer nie.

Diergaardt het ook in haar uitspraak na die getuienis van ’n sekere Willem Jansen verwys, ten spyte daarvan dat hy nooit ’n getuie in die saak was nie. Diergaardt het in ’n brief aan die hoërhof erken dat sy ’n fout begaan het.

“Dit is duidelik Diergaardt se verstand was vertroebel deur die bewyse van Jansen, wat wel nooit getuig het nie en hierdie bewyse kon haar beïnvloed het om Januarie skuldig te bevind,” lui die gronde van appèl wat by die hoërhof ingedien is.

Regters Christie Liebenberg en Orben Sibeya het op 6 September 2019 die appèlaansoek van die hand gewys.

Hulle het bevind dat Januarie se bewering van niepatologiese outomatisme nie geslaag het nie, omdat daar nie voldoende bewyse ter ondersteuning daarvan was nie.

Liebenberg en Sibeya het verder bevind dat hoewel daar onregmatighede in die uitspraak was in terme van die landdros se verwysing na ’n getuie wat nie in die saak getuig het nie, het dit geen fundamentele invloed op die meriete van die saak of die uitspraak gehad nie.

Dit het verder die erns van die oortreding beklemtoon omdat huishoudelike geweld ’n ernstige probleem in ons land geword het en howe strawwer vonnisse met betrekking daartoe sal oplê in ’n poging om soortgelyke misdrywe te bekamp.

Liebenberg en Sibeya het daarom bevind dat die vonnis gepas was en die landdros geen foute in die vonnisoplegging begaan het nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.37 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.75 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.37 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 363.35/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.95/lb UP +1.51% | Zinc US$ 3 015.00/T UP 0.79% | Brent Crude Oil US$ 82.20/BBP DOWN -0.0116 | Platinum US$ 1 045.67/OZ UP +0.18% Sport results: Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.37 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.75 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.37 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 363.35/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.95/lb UP +1.51% | Zinc US$ 3 015.00/T UP 0.79% | Brent Crude Oil US$ 82.20/BBP DOWN -0.0116 | Platinum US$ 1 045.67/OZ UP +0.18%