• Tuisblad
  • Howe
  • Ministerie sê skool se hofsaak is ‘voortydig’

Ministerie sê skool se hofsaak is ‘voortydig’

Uitspraak geskeduleer vir 22 Februarie
In hofstukke word aangevoer die minister het nog geen finale besluit geneem oor die moontlike deregistrasie van die Privaatskool Savo Nuts nie.
Kristien Kruger
“Die applikant [Privaatskool Savo Nuts] word nie belet om nuwe leerlinge vir onderrig- en eksamendoeleindes te werf en/of in te skryf nie. Die skool word toegelaat om voort te gaan met leer en onderrig totdat die minister ’n besluit neem.”

So het die adjunk- uitvoerende direkteur van onderwys, kuns en kultuur en die ondervoorsitter van die nasionale eksamen-, assesserings- en sertifiseringsraad, Edda Wibke Bohn, die afgelope naweek in hofstukke gesê in die dringende aansoek wat die Privaatskool Savo Nuts verlede week in die hoërhof in Windhoek gebring het.

Dié skool in Oshikango beweer dat die ministerie dreig om die skool te deregistreer op grond van bewerings van wanpraktyke tydens verlede jaar se graad 11 Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat Gewone Vlak (NSSCO)-eksamens.

Sowat 27 leerlinge van die skool se uitslae is nog nie bekend gemaak nie en die skool beweer dat hulle tans verbied word om dié graad-11 leerlinge vir die Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat Gevorderde Vlak (NSSCAS) by die ministerie te registreer vir die komende akademiese jaar.

Bohn stel egter die skool se bedrywighede word nie verhinder nie en dat sake normaal kan voortgaan hangende die minister se besluit op grond van die ondersoek van beweerde wanpraktyke deur die skool se leerlinge.

“Sodra die ondersoek afgehandel is en ’n besluit ten gunste van die geaffekteerde kandidate geneem is, sal alle regte herstel word,” lui Bohn se verklaring.

Partye het gister in die hof verskyn en die saak is tot 22 Februarie uitgestel vir uitspraak.

WAG OP MINISTER SE BESLUIT

Bohn sê tydens die nasien van die nasionale vraestelle aan die einde van verlede jaar, is ’n mate van onreëlmatigheid vermoed ten opsigte van sommige kandidate wat die NSSCO (graad 11) voltydse eksamen afgelê het.

Die nasionale eksamen-, assesserings- en sertifiseringsraad het op 24 Januarie vergader oor die ondersoekkomitee se bevindinge.

Die raad het gevolglik aanbeveel om die skool tot 1 Maart die geleentheid te gee om skriftelike vertoë by die ministerie in te dien en indien hulle versuim, sal die skool se eksamensentrum vir graad 10 tot 12 gederegistreer word. Dié inligting is na bewering die volgende dag aan die skool deurgegee.

“Dit is die applikant se plig om skriftelike vertoë te rig om die besluitnemingsproses te bespoedig,” beweer Bohn in haar verklaring.

Die skool het die inligting en dokumentasie versoek waarop die ondersoek gesteun het. Die ministerie het glo die prokureur-generaal (PG) se raad gevra vir die volledige openbaarmaking van die ondersoekverslag aan die skool, maar beweer egter dat die hofaansoek gebring is voor die regsadvies ontvang is.

“Sou die applikant [skool] die normale proses gevolg het, sou hulle al die dokumente ontvang het wat aangevra is. Die hofaansoek is daarom voortydig aangesien die administratiewe proses nog nie afgehandel is nie,” beweer Bohn.

Bohn het ook in haar verklaring benadruk dat die skool die reg het om teen enige besluite te appelleer of te hersien, maar op die oomblik is geen finale besluit nog geneem nie.

“Die raad het slegs ’n aanbeveling aan die minister gemaak en die minister het ’n uitnodiging aan die applikant gerig om skriftelike vertoë te rig voordat ’n besluit geneem word.”

REGISTRASIE VAN LEERLINGE

Volgens Bohn se verklaring het die skool se bedrywighede nie tot stilstand gekom nie, aangesien dit steeds gemagtig is om leerlinge van graad 1 tot twaalf in te skryf en skoolbedrywighede ononderbroke kan voortgaan.

“Die blokkering van toegang tot die aanlyn registrasieportaal is ’n voorkomende maatreël as gevolg van die hangende ministeriële besluit. Dit is nie finaal nie.”

Bohn verduidelik in haar verklaring sodra ’n kandidaat op die aanlyn registrasiestelsel geregistreer is, die rekord van die kandidaat nie weer geskrap kan word nie. Sy beweer die doel van die blokkering is om die integriteit van die onderwysstelsel te beskerm.

UITSTAANDE UITSLAE

Die graad 11-uitslae is op 12 Januarie vrygestel, maar sommige van die skool se kandidate se uitslae vir sekere vakke, soos onder meer rekeningkunde, landbou, biologie, besigheidstudies, chemie, ekonomie, geografie, wiskunde en fisika, is glo nie verskaf nie.

Volgens Bohn weerspieël hulle uitslae tans ’n “q”-simbool totdat ’n besluit van die ministerie bekend gemaak word.

“Die letter ‘q’ word uitruilbaar toegepas om hangende en nietige eksamenuitslae aan te dui omdat die nasionale stelsel nie geprogrammeer is om ’n ander simbool te reflekteer nie,” het sy in haar verklaring verduidelik.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%