Meester van die hoërhof se rekords word gedigitaliseer
Green Enterprise Solutions het onlangs vordering in sy vennootskap met die ministerie van justisie en arbeidsverhoudinge aangekondig.
Sedert Maart is die vennote besig om rekords van die meester van die hoërhof vanaf die verouderde papiergebaseerde rekordstelsel na ’n nuwe digitale bygewerkte platform oor te skakel.
Twintig universiteitstudente en gegradueerdes is gewerf om die data op te teken en digitaal vas te vang, volgens ’n verklaring wat Green Enterprise Solutions gister uitgereik het.
Die “transformatiewe datavaslegging en skoonmaakprogram” sal na verwagting teen die einde van Mei voltooi wees.
Die program het ten doel om die oorgang van die ou stelsel na die nuwe stelsel vlot en naatloos te maak. Die ou stelsel sal dan uit diens gestel word.
Volgens Green Enterprise Solutions is die oorgang nodig aangesien die beperkings van die ou stelsel die land in gevaar kan stel om ’n toevlugsoord vir onwettige finansiering te word, met ernstige gevolge soos om op ’n internasionale swartlys geplaas te word.
“Daar is ’n dringende behoefte vir Namibië om op te gradeer na ’n robuuste trustregistrasiestelsel wat noodsaaklik is vir finansiële deursigtigheid en integriteit,” lui die verklaring.
Wêreldwyd is lande besig om saam met finansiële reguleerders te werk om strategiese tekortkominge in hul stelsels teen geldwassery te takel.
Dié tekortkominge kan tot ernstige gevolge vir ’n land lei, wat moontlik alles van internasionale finansiële hulp tot bankverhoudinge en handel kan beïnvloed.
Namibië is gretig om dit te vermy, luidens die verklaring.
Die betrokke interns doen terselfdertyd waardevolle ondervinding op.
“Hul bydraes sal die grondslag van die nuwe stelsel lê, wat ’n naatlose oorgang verseker, operasionele doeltreffendheid verbeter en finansiële deursigtigheid en integriteit versterk.
“Dit sal baie help om Namibië se reputasie in die internasionale handelsmark te bewaar,” volgens Bro-Mathew Niikondo, die hoof van die projekbestuurskantoor by Green Enterprise Solutions.
Die interns moet die data met die hand onttrek, verifieer en na die nuwe stelsel migreer, terwyl hulle gespesialiseerde opleiding ontvang om akkuraatheid, sekuriteit en doeltreffendheid te verseker, brei hy uit.
“Ons is opgewonde om te begin om data na die nuwe stelsel oor te dra, wat die ministerie van justisie in staat sal stel om die voordele van hierdie belegging ten volle te benut,” sê Niikondo.
Die program word by die ministerie van justisie se hoofkantoor gehuisves, waar die studente saam met Green Enterprise Solutions se tegniese span en die ministerie se personeel werk om die migrasieproses te fasiliteer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie