Media-ombudsman, NBC stamp nog koppe

Uitsaaier nader hof oor Recon-uitsending
Die verhoorkomitee oor mediaklagtes en die media-appèlkomitee het reeds bevind dat die betrokke uitsending eensydig was.
Kristien Kruger
Die Namibiese Uitsaaikorporasie (NBC) het die hoërhof in Windhoek genader in ’n poging om klagte teen hom tersyde te stel.

Die klagte het betrekking op ’n Talk of the Nation-uitsending oor Reconnaissance Energy Africa (ReconAfrica) se olie- en gaseksplorasie in die Kavangostreke.

Die media-ombudsman, John Nakuta, het ná die betrokke uitsending wat op 29 Maart 2021 uitgesaai is, ’n klag ontvang dat die program betaalde inhoud van die ministerie van myne en energie bevat het, wat slegs individue van die staatsektor ingesluit het.

Die betrokke uitsending het glo versuim om ander standpunte oor ReconAfrica se bedrywighede in Namibië in te sluit.

Die verhoorkomitee oor mediaklagtes het ná ’n openbare verhoor en hersiening deur die media-appèlkomitee, bevind dat die program wel eensydig was.

NBC versoek nou ’n bevel van die hoërhof om dié twee beslissings, asook Nakuta se aanvanklike besluit om die klagte te ondersoek, te hersien en tersyde te stel.

NBC het erken die betrokke uitsending het slegs individue uit die staatsektor ingesluit, maar sê die publiek is die geleentheid gegun om vrae tydens die regstreekse uitsending te vra. Volgens die NBC was positiewe en negatiewe aspekte van die olie- en gaseksplorasieaktiwiteite bespreek en was die gesprek nie eensydig nie.

Die respondente het reeds aangedui dat hulle die saak gaan teenstaan en partye het Maandag voor regter Herman Oosthuizen verskyn. Die saak is tot 22 Mei uitgestel en die respondente moet ingevolge ’n hofbevel hul beantwoordende verklarings voor 19 April indien.

OMBUDSMAN ‘PARTYDIG’

NBC se besturende direkteur, Stanley Similo, sê in sy verklaring Nakuta was partydig toe hy beslis het die uitsaaier het die kode vir media-etiek en -gedrag oortree.

Volgens sy verklaring het Nakuta op die dag van die openbare verhoor aangekondig dat hy homself aan die verhoor moet onttrek op grond van sy betrokkenheid by die Economic Social Justice Trust wat sterk menings oor ReconAfrica se olieboorbedrywighede uitgespreek het.

Die NBC voer aan dat Nakuta reeds ’n besluit geneem het om die klagte te ondersoek ten spyte daarvan dat hy by die trust betrokke was.

“Geen twyfel bestaan dat die ombudsman se besluit onreëlmatig was nie. Hy het versuim om homself te onttrek aan al die besluitnemingsprosesse met betrekking tot die klagte. Hy het ondanks sy konflik van belange besluit daar is gronde vir ’n klag teen die NBC,” lui Similo se verklaring.

Hy sê verder die klag is ook nie binne 30 dae ná die uitsaaidatum aanhangig gemaak soos in die gedragskode gestipuleer is nie. Die program is op 29 Maart 2021 uitgesaai en die klag is op 6 Mei 2021 ingedien. Verder word aangevoer dat Nakuta geen poging aangewend het om bemiddeling tussen die partye te bewerkstellig soos deur die gedragskode voorgestel word nie.

‘FOUTE’

In Similo se verklaring beweer hy ook die verhoorkomitee het sy beslissing gebaseer op bewerings wat nie deur bewyse gestaaf is nie.

Daar is geen bewyse dat die uitsending ’n betaalde advertensie was wat as nuus voorgelê is nie, het hy uitgelig.

Verder beweer Similo dat die media-appèlkomitee ’n fout gemaak het deur die appèl van die hand te wys. Die media-appèlkomitee het in sy uitspraak gestel dat hulle die program gekyk het en tot die gevolgtrekking gekom het dat die program eensydig was. Die NBC sê hulle het geen versoek ontvang om die uitgesaaide materiaal aan die media-appèlkomitee te verskaf nie.

“Die media-appèlkomitee se besluit is deurspek met onreëlmatighede deurdat dit bewyse oorweeg het wat nie behoorlik voor dié komitee geplaas is nie. Dit maak die komitee se beslissing nietig.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%