Man soek miljoen vir verlies van sy oog
‘n Man van Uuvudhiya in die Oshanastreek dagvaar die ministerie van gesondheid en maatskaplike vir meer as ‘n miljoen, nadat hy alle sig in sy linkeroog verloor het. Volgens Werner Haufiku het mediese nalatigheid in die staatshospitaal op Oshakati tot die verlies gelei.
Haufiku verwys in sy hofstukke na ‘n motorongeluk op 9 Oktober 2021 waarin hy sy oog beseer het. Hy het die volgende dag die hospitaal besoek met klagtes van ernstige pyn wat hy in sy linkeroog ervaar het. Op hierdie tydstip kon Haufiku steeds sy oog gebruik en is hy sonder enige medikasie ontslaan. Op 14 Oktober het hy egter weer na die hospitaal teruggekeer met erge pyn en geen sig meer in sy oog nie. Hy is in die hospitaal opgeneem tot 22 Oktober, maar volgens sy skadevergoedingseis is geen skanderings van sy oog in hierdie tyd geneem nie. Nadat hy uit die hospitaal ontslaan is, het Haufiku die Motorvoertuigongelukfonds (MVAF) vir hulp genader en is hy op 23 Oktober in die Windhoek Sentrale Hospitaal opgeneem. ‘n Skandering het gewys dat sy linkeroog se retina heeltemal losgekom het en dat ‘n klein skerf of voorwerp van die ongeluk in sy oog vasgesit het.
Nalatig
‘n Operasie is op 1 November uitgevoer om die voorwerp te verwyder en die oog met silikoonolie te probeer stabiliseer. Ten spyte hiervan het die toestand van Haufiku se oog in so ‘n mate versleg dat dit ‘n jaar later in Augustus chirurgies verwyder moes word.
In hofdokumente beweer Haufiku mediese personeel by die Oshakati-staatshospitaal was nalatig deur te versuim om ‘n skandering te doen of hom na ‘n spesialis te verwys. Hy beweer verder dat sy huidige toestand voorkom kon word as hy na ‘n betertoegeruste hospitaal verwys is toe sy oog nog funksioneel was.
Haufiku beskuldig hospitaalpersoneel, ingesluit verpleegsters en dokters, dat hulle misluk het in hul plig om nie verdere skade aan te rig nie. Volgens sy eedsverklaring lei hy buiten vir permanente fisiese skade en sig, ook aan emosionele trauma. Voor die verlies van sy oog was hy in diens as ‘n drywer en het ‘n maandelikse salaris van N$8 500 verdien. Haufiku het ook ‘n bestuurskool bedryf.
Sy totale eis van N$1,5 miljoen sluit in N$1,13 miljoen vir die verlies van inkomste, N$410 000 as vergoeding vir sy permanente besering, N$210 000 vir emosionele skok, trauma en ongemak en N$50 000 vir toekomstige mediese uitgawes.
Ontken
In reaksie hierop het die ministerie by monde van sy uitvoerende direkteur Penda Iithindi enige aanspreeklikheid vir die eis van N$1,5 miljoen ontken. Volgens Iithindi is Haufiku met die nodige sorg behandel nadat hy sy linkeroog vier jaar gelede in ‘n motorongeluk beseer het. Die ministerie sê mediese personeel van die hospitaal waar hy geopereer is, het ‘n stukkie glas in Haufiku se oog gewaar en hom behandel voordat hy na die Windhoek Sentrale Hospitaal vir verdere behandeling oorgeplaas is. Die ministerie is in hul verweer ook dit eens dat alle moontlike sorg in lyn met aanvaarde mediese standaarde en protokol verskaf is en wat insluit die gepaste diagnostiese stappe. Haufiku se toestand is volgens die ministerie gemonitor. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie