Lughawe-sage verdiep steeds

Menzies dien nog ’n hofaansoek in
Die hoërhof in Windhoek het Vrydag Menzies se dringende aansoek met koste van die hand gewys.
Kristien Kruger
Hoewel Menzies Aviation Namibia gefaal het in sy mees onlangse poging om die grondhanteringsdienste by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako (HKIA) te hervat, blyk dit dat die einde van dié litigasiestryd nog nie in sig is nie.

Menzies het Saterdag nóg ’n aansoek by die hoërhof ingedien vir ’n bevel dat die maatskappy na die lughawe moet terugkeer.

Dit nadat die hoërhof in Windhoek Vrydag Menzies se dringende aansoek van die hand gewys het, wat gebring is nadat Paragon Aviation Services dienste oorgeneem het.

Menzies se dringende aansoek was gegrond op die kwessie van spoliasie wat verhoed dat iemand se reg op ’n eiendom onregmatig ontneem word. Menzies het aangevoer dat hy vreedsaam en ongestoord in besit van die eiendom was voordat Paragon, die Namibiese lughawensmaatskappy (NAC) en die adjunkbalju van die polisie hom toegang tot die eiendom geweier het.

Regter Hannelie Prinsloo het egter beslis dat Paragon, die NAC en die polisie regmatig opgetree het. Die aansoek is op 19 Augustus 2023 op ’n dringende basis in die hoërhof in Windhoek gebring.

AGTERGROND

Menzies is in Januarie 2014 aangestel om die grondhanteringsdienste by die lughawe te lewer en die maatskappy se kontrak het op 30 Junie 2022 verstryk.

Die NAC het in Desember 2021 die tender aan Paragon toegeken en hoewel Menzies ’n appèl teen die toekenning ingedien het, het die hersieningspaneel sy appèl van die hand gewys.

Menzies het daarna ’n hersieningsaansoek by die hoërhof ingedien om die tenderproses te hersien en tersyde te stel. Hierdie aansoek is steeds voor regter Eileen Rakow en is geskeduleer om op 1 Desember 2023 te hervat.

Paragon sou die dienste op 1 Julie 2022 oorneem, maar Menzies het teëgeskop. Die NAC het gevolglik ’n dringende aansoek voor regter Orben Sibeya gebring vir ’n bevel dat Menzies sy bedrywighede moet staak en die lughawe ontruim. NAC se aansoek was suksesvol, maar Menzies het teen die uitspraak in die hooggeregshof geappelleer.

Hangend die appèl, het die NAC via ’n kennisgewing, sy belangegroepe ingelig dat Menzies tot verdere kennisgewing sal aanhou om die dienste te lewer. Die appèl het egter misluk en die NAC het vir Menzies vier dae gegee om die perseel te verlaat.

Menzies het aangevoer dat die kennisgewingstydperk onredelik was en het ’n dringende aansoek gebring om die NAC te verhoed om sy kennisgewing te implementeer. In dié aansoek het regter Shafimana Ueitele beslis dat daar wel ’n ooreenkoms tussen Menzies en die NAC bestaan ingevolge die kennisgewing wat NAC aan sy belangegroepe gestuur het en die NAC vir Menzies 30 dae kennis moet gee voor die maatskappy die lughawe moet ontruim. Die NAC het op 9 Augustus vir Menzies kennis gegee om voor 20 September die perseel te ontruim.

Op 10 Augustus het Paragon egter ’n kruisappèl teen Ueitele se uitspraak gebring, wat gevolglik die implementering van die bevel gestaak het.

“Dit blyk uit NAC se hofstukke hy het aanvaar die indiening van die kruisappèl deur Paragon het beteken dat die status quo teruggekeer het na wat dit was op 9 Junie toe die hooggeregshof se uitspraak steeds van krag was en niks hulle dus keer om daardie bevel te implementeer nie.”

“Gevolglik het Paragon in die vroeë oggendure van 19 Augustus met die grondhanteringsdienste begin. Toe personeellede van Menzies omstreeks 03:00 by HKIA aangekom het, kon hulle nie toegang tot die perseel kry nie aangesien die busse wat die personeellede vervoer het, verbied was om die perseel te betree,” luidens die uitspraak.

Die adjunkbalju se weiering om Menzies se personeellede op die perseel toe te laat, het aanleiding gegee tot die huidige dringende aansoek.

UITSPRAAK

“Die enigste bestaande uitsprake is dié van Sibeya en die uitspraak van die hooggeregshof in die lig van die appèlle teen Ueitele se uitspraak, wat die uitvoering van daardie bevele opgeskort het. Gevolglik het die uitspraak en bevele van Ueitele vir die doel van hierdie aansoek geen impak nie,” volgens Prinsloo se uitspraak.

Prinsloo het beslis dat die NAC geregtig was om Sibeya se bevel van 29 Junie 2022 en die hooggeregshof se uitspraak van 9 Junie 2023 af te dwing.

“Gevolglik het Menzies geen wetlike reg gehad om voort te gaan om enige perseel by HKIA te beset nie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%