Lughawe-sage duur voort

Menzies, Paragon en die NAC het weer eens gister in die hof verskyn nadat Paragon die afgelope naweek, sonder vooraf kennisgewing vir Menzies, die grondhanteringsdienste by die HKIA oorgeneem het.
Kristien Kruger
“Ons kan nie toelaat dat ’n kultuur waar een groep bevoordeel word, terugkeer nie. Ons het hard vir ’n demokrasie en Grondwet baklei wat regverdig vir almal is en nie vir een party om beter as ’n ander behandel te word nie.”

So het die prokureur Sisa Namandje gister tydens die hervatting van die uitgerekte, maar vurige hofstryd tussen Menzies Aviation, die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) en Paragon Investment Holdings gesê.

Partye het voor regter Hannelie Prinsloo verskyn nadat Paragon die afgelope naweek die grondhanteringsdienste by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako (HKIA) oorgeneem en Menzies gevolglik ’n dringende hofaansoek gebring het.

Paragon en NAC het glo dié dienste by die lughawe oorgeneem ingevolge ’n bevel van die hooggeregshof wat op 30 Junie uitgereik is.

Volgens die uitspraak het Menzies geen gronde gehad om op die lughawe aan te bly nie.

Die mees onlangse hofbevel van die hoërhof het egter beslis dat Menzies wel ingevolge ’n ooreenkoms met NAC die dienste lewer en dat die NAC vir Menzies minstens 30 dae kennis moet gee voordat die maatskappy die lughawe moet ontruim.

Paragon appelleer teen dele van dié uitspraak wat die implementering van die bevel staak.

Menzies se regsverteenwoordiger, adv. Raymond Heathcote, het egter in gister se betoë aangevoer dat Paragon op grond van spoliasie onwettig besit van die lughawe en die verskaffing van grondhanteringsdienste oorgeneem het.

‘DIEWE IN DIE NAG’

Heathcote het tydens sy betoë geïnsinueer dat Paragon en die NAC onderduimse strategieë gebruik het om Menzies van die lughaweperseel te verwyder.

“Hulle het gekonkel en soos diewe in die nag gekom.”

Volgens hom het die NAC vir Menzies gesê hy moet eers op 10 September die HKIA ontruim en sy dienste opskort. Hy het aangevoer daardie kennisgewing is nooit teruggetrek nie.

“Ons het aangedui ons sal stappe doen om vir nog minstens 12 maande op die lughawe aan te bly, maar het ook gesê ons sal volgens die wet optree,” het Heathcote bygevoeg.

‘MISBRUIK’ HOFPROSESSE

Die NAC se regsverteenwoordiger, Vincent Maleka, het tydens sy betoë aangevoer Menzies misbruik hofprosesse om te verseker dat hy die grondhanteringsdienste by die lughawe bly lewer.

“Hulle hardloop elke keer hof toe asof die regstelsel onbeperk is en dit is nie,” het Maleka gesê en bygevoeg dat die hooggeregshof reeds bevind het Menzies is ’n indringer met geen mag om op die lughaweperseel te bly nie.

“Menzies beweer die NAC het die wet in eie hande geneem, maar in werklikheid is dit Menzies wat reg in eie hande geneem het toe hy besluit het om by die lughawe aan te bly nadat die hooggeregshof gesê het die maatskappy moet die perseel ontruim.”

‘ALLES ONDER BEHEER’

Heathcote het verder aangevoer die direkteur van Paragon, Desmond Amunyela, het destyds partye verseker dat die oorhandiging van dienste aan Paragon glad sal verloop en beweer dit was nie die geval nie.

“Dit wat die afgelope naweek by ons lughawe gebeur het, het Namibië skade berokken,” het Heathcote aangevoer en bygevoeg drie vlugte uit Europa kon na bewering nie die afgelope naweek in Namibië land nie.

Maleka het dié bewering verwerp.

“Menzies probeer om ’n prentjie van choas en verwarring by die lughawe te skets, maar dit is net in hul verbeelding en ons vra die agbare regter om dit te ignoreer.”

Die medestigter van Paragon, Lazarus Jacobs, het gister bevestig dat alle vlugte vandag sonder haakplekke by die HKIA geland en opgestyg het.

“Alle vlugbedrywighede by die HKIA gaan soos gewoonlik op ’n ordelike wyse voort en grondhanteringsdienste word bekwaam deur Paragon verskaf.”

GERUGTE

Heathcote het ook in sy betoë verwys na gerugte in die sosiale media dat Menzies ’n buitelandse maatskappy is.

Volgens hom het Menzies meer plaaslike aandeelhouers as Paragon.

“Inteendeel, julle [Paragon] is die buitelandse maatskappy.” – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.26 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 388.02/OZ UP +1.36% | Copper US$ 4.90/lb UP +0.38% | Zinc US$ 2 988.10/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 83.15/BBP DOWN -0.0002 | Platinum US$ 1 062.75/OZ UP +1.82% Sport results: Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.26 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 388.02/OZ UP +1.36% | Copper US$ 4.90/lb UP +0.38% | Zinc US$ 2 988.10/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 83.15/BBP DOWN -0.0002 | Platinum US$ 1 062.75/OZ UP +1.82%