• Tuisblad
  • Howe
  • LSN, ‘onetiese’ prokureur se regstryd duur voort

LSN, ‘onetiese’ prokureur se regstryd duur voort

Uitspraak word in Junie gelewer
Die hof sal in Junie beslis of Ricardo Mukonda se tydelike skorsing sal voortduur en of die LSN nog as kurator van sy firma se rekeninge en kliëntelêers sal dien.
Kristien Kruger
In ’n hofsaak waarin ’n prokureur sedert Julie verlede jaar tydelik geskors is, poog die Regsvereniging van Namibië (LSN) om beheer oor sy firma se rekeninge en kliëntelêers te behou.

Die hoërhof in Windhoek het op 28 Julie 2022 die LSN se dringende aansoek dat die Rundu-gebaseerde prokureur, Ricardo Mukonda, tydelik verbied word om te praktiseer, toegestaan gebaseer op die vermoede dat hy onprofessioneel en oneerlik opgetree het.

Die hof het ook die LSN se direkteur, Margaretha Steinmann, as die kurator van Mukonda se firma, Mukonda & Company Inc., se rekeninge en kliëntelêers aangestel.

Die hofbevel vir sy tydelike skorsing is uitgereik hangende die afhandeling van ’n klag wat die LSN by die dissiplinêre komitee aanhangig gemaak het en wat geldig vir 30 dae was.

Die bevel is op 5 September tot 7 Oktober verleng.

Die LSN het op 7 Oktober weer ’n aansoek om verlenging van die bevel ingedien, maar op 21 Oktober 2022 het die LSN die verlenging ten opsigte van die skorsing laat vaar en slegs aansoek gedoen om die kuratorskap van die rekeninge en kliëntelêers te verleng.

Mukonda staan dié aansoek teen en beweer die LSN het nie die nodige hofreël gevolg toe hy die aansoek gebring het nie. Hy eis daarom dat sy skorsing en die aanstelling van ’n kurator, tersyde gestel moet word.

Regter Shafimana Ueitele sal op 1 Junie uitspraak lewer.

BEWEERDE WANGEDRAG

Die LSN het op 29 April 2022 ’n klag van een van Mukonda se kliënte ontvang.

Die kliënt het aangevoer dat Mukonda N$650 000, wat ten gunste van die kliënt in Mukonda se rekening inbetaal is, nooit aan die kliënt oorbetaal het nie.

Mukonda ontken dat hy die geld van die kliënt weerhou het en voer aan dat hy die bedrag uit die besigheid se trustrekening na ’n ander rekening van die besigheid vir “veiligheid” oorgeplaas het totdat hy die kliënt kon faktureer vir dienste wat aan die kliënt en sy familie in verskeie sake gelewer is.

Die LSN stel dat Mukonda se blatante verontagsaming van die toepaslike reëls verstommend is.

“Met betrekking tot die etiese en professionele gedrag van regspraktisyns, is die wanaanwending van trustgelde ’n baie ernstige oortreding.”

AANSOEK ‘ONGELDIG’

Mukonda beweer in hofstukke dat die LSN nie die nodige hofreëls nagekom het in sy aansoek om die verlenging nie en die skorsing en aanstelling van ’n kurator daarom nie kan voortduur nie.

Hy beweer die saak is afgehandel aangesien die hofbevel wat die verlenging in werking gestel het, afgesluit het met “die saak is dus afgehandel en van die rol geskrap”.

“Die aansoek om verdere verlenging van die tydperk van tydelike skorsing en aanstelling moet daarom van die hand gewys en tersyde gestel word,” beweer Mukonda in sy verklaring wat hy op 6 Februarie vanjaar by die hof ingedien het.

Mukonda beweer verder dat die LSN nie interne hulpmiddels uitgeput het voordat die hof genader is nie. Hy sê die LSN moes die saak by die dissiplinêre komitee aanmeld, waarna hy verhoor moes word. Indien hy skuldig bevind sou word, kan die nodige strafmaatreëls ingestel word.

Hy het na bewering nog nie voor die dissiplinêre komitee verskyn nie.

Mukonda beweer die LSN doen alles in sy vermoë om te verseker dat hy ten alle koste gestraf word.

OPENBARE BELANG

Volgens die LSN het Mukonda – tydens sy verskyning op 8 Desember – die hof verseker dat hy nie sal praktiseer hangende die afhandeling van die saak nie.

“Sy firma het wel aktiewe kliënte en dit wil voorkom asof hy nog nie van al sy sake onttrek het nie. Hy en sy firma is ook aangewys as die eksekuteur in ’n aansienlike aantal boedels waarvan die status onbekend is. Hierdie boedels moet aan verskillende regspraktisyns oorgedra word,” stel LSN in hul verklaring.

Mukonda sê in sy verklaring die LSN beweer dat hulle in die belang van die publiek optree, maar talle mense word deur hul optrede benadeel.

“Vir meer as drie maande het die respondent [Mukonda] nie gepraktiseer nie en gevolglik is talle van sy kliënte met sake wat voor die hof dien, daardeur benadeel.”

In ’n onlangse verklaring deur die LSN, sê die vereniging dat Mukonda nie ’n getrouheidsertifikaat (FFC) vir 2023 het nie en is daar glo geen vooruitsig dat hy dit binnekort sal kry nie, aangesien hy nie 2022 se jaarlikse oudit uitgevoer het nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 10° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 28° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 47km/h, Wind direction: NE, Low tide: 08:08, High tide: 02:03, Low Tide: 20:12, High tide: 14:33 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 23km/h, Wind direction: E, Low tide: 08:06, High tide: 02:01, Low Tide: 20:10, High tide: 14:31 Walvis Bay: 22° | 34° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 08:06, High tide: 02:00, Low Tide: 20:10, High tide: 14:30 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 14° | 28° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 12° | 22° Luanda: 23° | 26° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 12° | 27° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 9° | 25° Antananarivo: 10° | 17° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 17° | 25° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 24° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 22° | 23° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 24° Currency: GBP to NAD 22.98 | EUR to NAD 19.67 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.13 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.08 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.51 | USD to EGP 46.6 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.13 | USD to ZMW 25.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 80073 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1765.72 Up +0.63% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13444.34 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27228.85 Down -0.32% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 428.31/OZ UP +0.08% | Copper US$ 5.11/lb UP +0.61% | Zinc US$ 3 180.80/T UP 1.65% | Brent Crude Oil US$ 82.78/BBP DOWN -0.0139 | Platinum US$ 1 053.51/OZ UP +0.35% Sport results: Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 10° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 28° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 47km/h, Wind direction: NE, Low tide: 08:08, High tide: 02:03, Low Tide: 20:12, High tide: 14:33 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 23km/h, Wind direction: E, Low tide: 08:06, High tide: 02:01, Low Tide: 20:10, High tide: 14:31 Walvis Bay: 22° | 34° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 08:06, High tide: 02:00, Low Tide: 20:10, High tide: 14:30 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 14° | 28° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 12° | 22° Luanda: 23° | 26° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 12° | 27° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 9° | 25° Antananarivo: 10° | 17° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 17° | 25° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 24° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 22° | 23° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.98 | EUR to NAD 19.67 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.13 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.08 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.51 | USD to EGP 46.6 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.13 | USD to ZMW 25.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 80073 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1765.72 Up +0.63% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13444.34 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27228.85 Down -0.32% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 428.31/OZ UP +0.08% | Copper US$ 5.11/lb UP +0.61% | Zinc US$ 3 180.80/T UP 1.65% | Brent Crude Oil US$ 82.78/BBP DOWN -0.0139 | Platinum US$ 1 053.51/OZ UP +0.35%