No Image Caption

Lombaard weer in arres ná hy borg kry

Nog inhegtenisnemings in saak verwag
Die drie verdagtes is vroeër dié maand in hegtenis geneem in verband met die onwettige vang en vervoer van 28 blou- en nege swartwildebeeste, met die doel om die wild te verkoop.
Yandi Du Plessis
Ellanie Smit – Kort nadat die wildhandelaar Jan Antonie (Johan) Lombaard op borgtog vrygelaat is in die saak waarin hy en ander aangekla word van die onwettige vang en vervoer van wild ter waarde van N$817 000, is hy dadelik weer in hegtenis geneem in verband met ’n saak wat terugdateer na 2014.

Die 57-jarige Johan, sy broer Johannes Jacobus (Kobus) Lombaard (54) en Rudie Kotze (49) het Woensdag in die landdroshof op Gobabis verskyn en is almal borgtog van N$50 000 elk toegestaan.

Die twee Lombaard-broers het die Golden Game-wildboerdery-, vang- en uitvoeronderneming in Mariental gestig.

Die drie is vroeër vandeesmaand in hegtenis geneem in verband met die onwettige vang en vervoer van 28 blou- en nege swartwildebeeste op 30 Augustus by die plaas Reitz in die Leonardville-omgewing, met die doel om die wild te verkoop.

Die drie is aangekla van die onwettige vervoer van wild of wildsvleis ingevolge die natuurbewaringsordonnansie en vir die verkoop en aankoop van wild sonder ’n permit.

Hulle staar ook aanklagte in die gesig vir die verbloeming van die aard en beskrywing van ’n misdryf, die onwettige oorsprong van eiendom, vir hulp wat aan ’n ander verleen is om voordeel te trek uit die opbrengs van onwettige bedrywighede en vir die verkryging, besit of gebruik van die opbrengs van onwettige bedrywighede. Dit alles ingevolge die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad.

Nog ’n klag onder die natuurbewaringsordonnansie is vir die onwettige vervoer van wild sonder ’n permit asook vir die gebruik van ’n voertuig en vliegtuig tydens die jag en vang van wild sonder ’n permit.

Die Lombaard-broers en Kotze het voor landdros Eliud Nakulonda verskyn wat al drie se borgtogaansoeke toegestaan het en die saak tot 6 Februarie volgende jaar in die Leonardville-landdroshof uitgestel het.

Die staatsaanklaer in die saak was Marchell Hoeb, terwyl die drie verdagtes se regsverteenwoordiger die plaaslike prokureur Bennie Venter was. Advokaat Louis Botes is ook ’n regsverteenwoordiger in die saak.

Ons susterkoerant Namibian Sun het Venter verskeie kere vir kommentaar probeer kontak, maar die oproepe is nie beantwoord nie.

Na wat verneem word, kan nog arrestasies in dié saak verwag word.

Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, Romeo Muyunda, is Johan egter weer onmiddellik in hegtenis geneem in verband met ’n soortgelyke saak wat dateer uit 2014 waarvoor daar ’n uitstaande lasbrief vir sy arrestasie is.

Die saak het sy oorsprong in Mariental vir boetes wat hy glo nie aan die omgewingsministerie betaal het nie. Hy sal dus vir dié saak in die landdroshof op Mariental moet verskyn, maar ’n datum is nog nie bekend nie.

“Die inhegtenisnemingsbevel is nooit uitgevoer nie, maar ons weet nie wanneer hy in die hof sal verskyn nie,” het Muyunda gesê.

Sowat tien maande gelede is ook berig die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme ondersoek ’n prominente wildhandelaar, Johan, nadat hy na bewering twee witrenosters sonder die nodige papierwerk vervoer het.

Dié ondersoek is glo genoodsaak nadat Lombaard in ’n motorongeluk tussen Rehoboth en Kalkrand betrokke was terwyl hy ’n renosterkoei en haar kalf van Mariental na die plaas Uitkyk in die Karibib-distrik vervoer het.

Dié saak is glo steeds op die hofrol en is tot 16 Januarie volgende jaar uitgestel. Die ongeluk het sowat 50 kilometer voor Rehoboth plaasgevind.

Daar is ook voorheen in 2017 berig dat hy nie die nodige permit gehad het om olifante te vervoer wat by ’n plaas in die Grootfontein-omgewing gevang is nie en dat sy plaas nie deur die omgewingsministerie goedgekeur is vir die aanhou van olifante nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 14° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 14° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 17° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 14° | 24° Ariamsvlei: 16° | 33° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 15° | 29° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 12° | 23° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 17° Durban: 18° | 30° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 29° Lusaka: 16° | 29° Harare: 13° | 29° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 14° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 14° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 17° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 14° | 24° Ariamsvlei: 16° | 33° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 15° | 29° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 12° | 23° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 17° Durban: 18° | 30° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 29° Lusaka: 16° | 29° Harare: 13° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%