Lichtenstrasser: Toe verloor ek dit

Inhoud van bekentenis onthul
'n Staatsgetuie het gister Ernst Lichtenstrasser se skulderkenning voorgelees.
Kristien Kruger
“Ek het myself afgevra, is dit die moeite werd? Dit was asof daar twee mense in my kop was en die een het gesê jy is op ’n missie en hulle is die vyand.”

So lui die dubbele moordbeskuldigde, Ernst Lichtenstrasser, se skulderkenning oor die gebeure van April 2019 toe hy na bewering die Namibiese Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt) se direkteure, Eckhart Mueller en Heimo Hellwig, in Arandis doodgeskiet het.

Die inhoud van die bekentenis is gister in die hoërhof in Windhoek voorgelees. Regter Christie Liebenberg het Maandag beslis dat die bekentenis toelaatbaar in die verhoor is.

“Ek het hulle kar agtervolg en agter hulle Mercedes gestop. Hulle het reeds by die deur gestaan. Toe maak hulle ’n fout,” lui die bekentenis.

Mueller het glo vir Lichtenstrasser gevra wat maak hy daar, gevolg deur “Gaan weg”.

“Toe verloor ek dit ... Trek papap, papap. Ek het toe nie meer gesigte gesien nie en nou was ek op ’n missie. Pap pap pap. Hy [Mueller] het na my toe gekom. Bam Bam, jy weet.”

Volgens die bekentenis het Lichtenstrasser daarna in sy voertuig geklim en weggery.

“Toe skop dit in. Wat het ek gedoen?”

Lichtenstrasser het ook in die bekentenis gesê hy het daarna die moordwapen onder ’n klip in die woestyn begrawe. Die polisie het die wapen twee dae later gevind.

“Ek weet julle gaan hierdie teen my in die hof gebruik, maar dit is nou tyd om eerlik te wees,” het Lichtenstrasser glo tydens die skulderkenning gesê wat hy op 15 Mei afgelê het.

Lichtenstrasser is oorspronklik van Oos-Duitsland en het as militêre adviseur van die People's Liberation Army (Plan) gedien tydens Namibië se stryd om onafhanklikheid.

Lichtenstrasser was glo kwaad omdat Nimt in die proses was om die passer-en-draaierafdeling by die Tsumeb-kampus te ontbind.

Volgens die bekentenis het hy die dag voor die skietery baie drank gedrink en die oggend van die voorval het hy glo sterk pynmedikasie geneem. Hy en sy vrou het ook die vorige dag baklei.

Die bekentenis is op een van die ondersoekspan se kamera (GoPro) opgeneem asook ’n klankopname op een van hul selfone. Die beeldmateriaal is wel nie tans voor die hof nie. Slegs ’n getranskribeerde weergawe is by die hof ingedien.

BREEKPUNT

Nadat die staatsgetuie inspekteur Reinhardt Maletzky – wat teenwoordig was toe die bekentenis opgeneem is – die skulderkenning voorgelees het, het Lichtenstrasser se regsverteenwoordiger, Albert Titus, geleentheid gekry om hom te kruisondervra.

Hy het aan Maletzky gestel Lichtenstrasser beweer die polisie het gedreig om sy vrou in hegtenis te neem en dit het tot die bekentenis gelei.

Daarom het hy glo die volgende in die bekentenis gesê: “As dit nie vir my vrou was nie, het ek hierdie saam met my na my graf geneem.”

Titus het ook uitgewys Lichtenstrasser het in die bekentenis genoem dat hy nie eet nie en beweer die ondersoekspan het geweet dat hy reeds dae voor die skulderkenning op ’n eetstaking was.

Lichtenstrasser beweer verder die polisie het hom tot breekpunt gedryf en het dit as rede aangevoer waarom hy skuld erken het.

“Is jy nou gelukkig inspekteur? Nou dat ek uiteindelik breek,” het Lichtenstrasser tydens die bekentenis gesê.

Maletzky se getuienis is gistermiddag afgehandel en die saak sal na verwagting vandag voortduur met die staat wat verdere getuies sal roep.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.43 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 365.77/OZ UP +0.82% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.25% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.42/BBP DOWN -0.0148 | Platinum US$ 997.74/OZ UP +1.26% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.43 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 365.77/OZ UP +0.82% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.25% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.42/BBP DOWN -0.0148 | Platinum US$ 997.74/OZ UP +1.26%