Partye het Maandag in die hoërhof in Windhoek voor regter Christie Liebenberg en Herman January verskyn. Foto Argief
Partye het Maandag in die hoërhof in Windhoek voor regter Christie Liebenberg en Herman January verskyn. Foto Argief

Kinderverkragter appelleer teen vonnis

Kristien Kruger
’n Man wat skuldig bevind is op twee klagte van verkragting van ’n 13-jarige meisie en gevolglik tot 15 jaar tronkstraf gevonnis is, appelleer nou teen sy skuldigbevinding en vonnisoplegging.

Lupandu Hofeni is in September 2021 in die streekhof op Katima Mulilo skuldig bevind en gevonnis; en appelleer nou teen dié hof se uitspraak in die hoërhof in Windhoek.

“’n Pedofiel is iemand wat seksueel aangetrokke is tot jong kinders. In hierdie saak het die appellant [Hofeni] seksuele omgang met ’n jong kind onder die ouderdom van 14 gehad terwyl hy 43 jaar oud was, nie een keer nie maar twee. Dit is dus nie vergesog dat hy as ’n pedofiel beskou kan word nie.”

So het die staat vandeesmaand in hul hoofbetoë gesê in reaksie op een van Hofeni se gronde van appèl waarin hy beweer die streekhof het ’n fout begaan deur sy getuienis te verwerp en hom as ’n pedofiel te beskou.

Hofeni en sy regsverteenwoordiger, Niinkoti Enkali, beweer verder die streekhof het nie die teenstrydighede en onwaarskynlikhede in die klaagster se getuienis in ag geneem nie.

Die staatsaanklaer, Palmer Kumalo, het egter gesê ’n getuienis is nie ongeldig op grond van ’n paar foute nie. Kumalo beweer die hof het die klaagster se getuienis geëvalueer en steeds bevind dat sy ’n betroubare getuie is.

Hy het ook aangevoer dat die hof Hofeni se geloofwaardigheid bevraagteken het en daarom het sy beweerde alibi nie veel gewig gedra nie.

“Dit was daarom redelik om op die klaagster se uitkenning van die appellant te steun. Sy het hom geken en dit was nie die eerste keer dat sy hom gesien het nie,” het Kumalo in sy betoë aangevoer.

Hofeni steun ook in sy appèlaansoek op die afwesigheid van DNS-bewyse wat hom aan die oortreding koppel. Hoewel Kumalo erken geen DNS-monsters is in verband met die oortreding verkry nie omdat kondome gebruik is, voer hy aan dat dit nie die betrokke hof se bevindinge in twyfel trek nie.

VONNISOPLEGGING

Hofeni beweer die hof het ’n vonnis opgelê wat ’n gevoel van skok veroorsaak het en dat ’n redelike hof nie dieselfde vonnis sou oplê nie.

Kumalo argumenteer egter dat die vonnis gepas is en nie ’n skok was nie.

“Die vonnis is die minimum vonnis soos voorgeskryf deur die wet. Daar is niks onredelik daaraan nie. Hy kon ’n baie langer vonnis opgelê word,” beweer Kumalo in die staat se hofstukke.

Partye het Maandag voor regter Christie Liebenberg en Herman January vir voorverhoorverrigtinge verskyn.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.49/OZ DOWN -0.01 | Copper US$ 4.52/lb DOWN -0.0031 | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.86/BBP DOWN -0.0051 | Platinum US$ 955.21/OZ DOWN -0.0003 Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.49/OZ DOWN -0.01 | Copper US$ 4.52/lb DOWN -0.0031 | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.86/BBP DOWN -0.0051 | Platinum US$ 955.21/OZ DOWN -0.0003