Kanyangela ná vyf dae uit getuienisbank
Die hoofondersoekbeampte van die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC), mnr. Andreas Kanyangela, het so pas sy getuienis afgehandel in een van die Fishrot-beskuldigdes, mnr. Tamson (Fitty) Hatuikulipi, se aansoek om borgtog in die hoërhof in Windhoek.
Kanyangela het vyf dae in die getuienisbank deurgebring en is gister en vanoggend tydens kruisondervraging deur Hatuikulipi se regsverteenwoordiger, adv. Richard Metcalfe, gevra oor die werk wat Hatuikulipi glo vir Samherji gedoen het.
“Ek glo dat hy [Hatuikulipi] geen werk vir Samherji gedoen het nie en dat hy miljoene in omkoopgeld ontvang het.”
Die volgende staatsgetuie is adjunkkommissaris Veikko Armas van korrektiewe dienste.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie