• Tuisblad
  • Howe
  • Kandidaatregters: Publiek kan nou onderhoude bywoon

Kandidaatregters: Publiek kan nou onderhoude bywoon

Paneellede reeds vasgestel
Die onderhoude met drie kandidate vir vakante regtersposte in die hoërhof sal eerskomende Vrydag gevoer word.
Kristien Kruger,Iréne-Mari van der Walt
Die Regterlike Dienskommissie sal eerskomende Vrydag vir die eerste keer openbare onderhoude voer met kandidate vir vakante regtersposte in die hoërhof.

Dit met die doel om deursigtigheid en aanspreeklikheid te bevorder.

Dit sluit in onderhoude met drie kortlys kandidate – die waarnemende regter Philanda Christiaan, adv. Slysken Makando en adv. Beatrix de Jager.

Christiaan, Makando en De Jager se onderhoude sal op Vrydag 8 Desember omstreeks 09:00 in hofsaal B van die hooggeregshof plaasvind.

Die paneellede vir die onderhoude is reeds vasgestel en sal bestaan uit vyf lede van die Regterlike Dienskommissie. Dit sluit in hoofregter Peter Shivute, regterpresident Petrus Damaseb, die prokureur-generaal Festus Mbandeka, en twee lede van die regsgemeenskap, naamlik adv. Sakeus Akweenda en Elias Shikongo.

“Die Regterlike Dienskommissie het by ’n vergadering op 15 September besluit om die regulasies te wysig ingevolge die bepalings van Artikel 85(3) van die Namibiese Grondwet, om opdrag te gee dat onderhoude van genomineerde kandidate vir geregtelike ampte in die openbaar gevoer moet word,” het die kommissie se hoofwoordvoerder, Delila Salatiel, aan Republikein gesê.

CHRISTIAAN

Philanda Christiaan was Namibië se hooflanddros voordat sy in September vanjaar as waarnemende regter van die hoërhof aangestel is. Haar termyn verstryk egter op 9 Desember vanjaar.

Sy het in 2016 ook as waarnemende regter gedien. Christiaan is sedert 2007 ’n landdros en was voorheen in Keetmanshoop en in 2019 is sy as die hooflanddros in die kantoor van die regbank aangestel.

Sy het haar regsgraad in 2004 by die Universiteit van Namibië verwerf.

MAKANDO

Advokaat S.S Makando is ’n regspraktisyn van die hoërhof en hooggeregshowe van Namibië en praktiseer sedert 1994.

Hy was vanaf Desember 1993 tot Julie 1994 ’n staatsaanklaer en ná sy toelating in Augustus 1994 het hy as ’n advokaat in die kantoor van die aanklaer-generaal gewerk.

Vanaf 1995 tot 1998 het Makando as regsadviseur vir die weermag en die ministerie van verdediging gedien en is later aangestel as die hoof van die adviesafdeling van die ministerie van verdediging en al die vleuels van die militêre instelling.

Makando het ook in 2005 deeltyds as dosent by die Universiteit van Namibië se opleidingsentrum met betrekking tot strafreg en hofpraktyke gewerk. Hy is sedert Maart 2016 die eienaar van Adv. S.S. Makando Chambers.

DE JAGER

Beatrix de Jager is by die Namlex Chambers en is ’n lid van die Vereniging van Advokate van Namibië. Die vereniging het ten doel om die belange van advokate te handhaaf en alle sake te hanteer wat die regsberoep in Namibië raak en om op te tree indien nodig deur die nodige kundigheid.

De Jager het vanaf Maart 2003 tot Julie 2004 by die kantoor van die staatsprokureur haar klerkskap gedoen en is op 19 Julie 2004 as regspraktisyn toegelaat. Sy het as sodanig by die kantoor van die staatsprokureur gepraktiseer en het later by Kirsten & Co aangesluit tot November 2008.

De Jager spesialiseer in onder meer die administrasie van testamente en boedels, grondwetlike reg, menseregte, die bankwet en arbitrasie.

‘PUBLIEK KAN NOU WEET’

Die prokureur Florian Beukes meen die verandering kan openbare vertroue in die regbank versterk.

“Dit is ’n groot stap vir die deursigtigheid van die regbank. Voorheen het die publiek nie geweet wie hierdie kandidate is nie, maar nou weet hulle wie die moontlike regters kan wees,” sê hy.

Beukes sê die publiek kan dan vir hulself sien op watter gronde regters aangestel word.

“Mense sal kan sien dat ons regters nie as gevolg van politieke motiewe aangestel word nie,” sê hy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34% Sport results: Currie Cup: NovaVit Griffons 45 vs 47 Toyota Cheetahs XV Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 11° | 31° Eenhana: 11° | 33° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 27° Otjiwarongo: 9° | 26° Omaruru: 9° | 27° Windhoek: 8° | 24° Gobabis: 5° | 23° Henties Bay: 11° | 16° Swakopmund: 12° | 15° Walvis Bay: 11° | 20° Rehoboth: 5° | 22° Mariental: 5° | 19° Keetmanshoop: 4° | 16° Aranos: 5° | 20° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 6° | 14° Oranjemund: 10° | 15° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 8° | 23° Lubumbashi: 12° | 31° Mbabane: 10° | 27° Maseru: 1° | 11° Antananarivo: 10° | 25° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 18° | 33° Windhoek: 8° | 24° Cape Town: 9° | 13° Durban: 14° | 20° Johannesburg: 8° | 16° Dar es Salaam: 21° | 31° Lusaka: 16° | 31° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 19.84 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 872.64 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1598.89 | USD to ZAR 18.29 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1807.67 Up +1.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13660.65 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29090.57 Down -0.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9392.07 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.02/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.11/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 678.50/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 80.81/BBP DOWN -0.022 | Platinum US$ 935.05/OZ UP +0.34%