Kameroense burger bly sit oor ‘vervalste geld’
Namibiese medebeskuldigde skoonveld
Die ministerie van justisie kon voor druktyd nie opklaar wat van sy medebeskuldigde geword het nie.
Ten spyte van die feit dat ’n Namibiër en ’n Kameroense burger oor die naweek op klagte van die vervalsing van banknote in hegtenis geneem is, het net die Kameroense burger gister (Dinsdag) in die landdroshof in Windhoek verskyn.
Die Kameroener is borgtog geweier nadat hy in verband met die vervalsing van Namibiese en Amerikaanse banknote aangekla.
Scott Mbah is Saterdag saam met ’n Namibiër in hegtenis geneem toe hulle in die besit van 200 vervalste N$200-note en 120 vervalste US$100 note gevind is.
Mbah beplan glo om skuldig te pleit op die klagte waarop hy teregstaan en sal na verwagting sy pleit op 17 April lewer wanneer sy saak geskeduleer is om te hervat.
Die staat het aangevoer dat die waarde van die note eers deur die Bank van Namibië en die Amerikaanse ambassade in Namibië vasgestel moet word.
Mbah is borgtog geweier weens die feit dat sy buitelandse burgerskap hom ’n potensiële vlugrisiko maak.
NAMIBIESE MEDEBESKULDIGDE
Mbah se Namibiese medebeskuldigde het egter nie gisteroggend saam met hom in die hof verskyn nie.
“Dis onmoontlik, hulle was al twee by die hof,” het die woordvoerder vir die Namibiese polisie, adj.komm. Kauna Shikwambi gesê.
Republikein het hierdie kwessie onder die aandag van die ministerie van justisie se woordvoerder, Viktoria Hango, gebring, maar het teen druktyd geen uitklaring hieroor ontvang nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie