Hoogste hof oorweeg Basterkwessie
Verkiesingsproses in 2021 word uitgedaag
Die appèlverhoor om die Baster-kapteinskapverkiesing in 2021 te betwis, is geskeduleer om vandag in die hooggeregshof in Windhoek plaas te vind.
Die appèlaansoek volg op die verkiesing van ’n Basterkaptein op 24 April 2021, waarna Herbert George (Jacky) Britz op 25 April as hoofman aangestel is.
Sy teenstander, Rynault van Wyk, het die regverdigheid van die verkiesing uitgedaag weens beweerde onreëlmatighede nadat sy poging om ’n hofbevel te bekom om die verkiesing op 23 April te stop, van die hand gewys is.
Regter Orben Sibeya het die hoërhofuitdaging teen die verkiesing op 1 Maart 2023 aangehoor en op 11 Maart dieselfde jaar sy uitspraak gelewer. Hy het die aansoek van die hand gewys op grond daarvan dat die verkiesing binne die raamwerk van die Baster Vaderlike Wette gehou is, wat reeds deur die Namibiese Grondwet met onafhanklikwording herroep is.
Daarom is “die kwessie dat die verkiesing nie vry en regverdig was nie, nie ’n kwessie nie,” het Sibeya beslis.
Volgens Britz het Van Wyk se “talle bewerings die hele proses in twyfel laat trek, maar die regter het die saak verwerp, met koste”.
“Die Bastergemeenskap het seergekry deur die hele hofproses. Dit demotiveer ons mense. Die mense het seergekry en die moddergooiery, karaktermoord is ongevraagd. Rehoboth is jare teruggesit, maar die geskiedenis sal ons oordeel,” sê Britz.
“Ten spyte van hierdie omstandighede het ons baie reggekry; die Tradisionele Owerheid is mondelings erken, die [Basterkaptein se] kantoor is deur die president erken, die raad is erken en die kaptein se huis is teruggegee,” sê hy.
“Dit moet gaan oor die welstand van ons mense, dit is die belangrikste, nie oor individue of eie ek nie,” voer Britz aan.
Van Wyk sê egter: “Dit is nie ’n geval van daar is ’n geveg tussen Rynault van Wyk oor posisie saam met Jacky Britz nie, ‘not at all’. Ons het die verkiesingskomitee aangekla vir die wyse waarop die verkiesing gedoen is.”
Hy sê die saak was nie teen Britz aanhangig gemaak nie, maar teen die destydse waarnemende kaptein, Cyril Pienaar, en die voorsitter van die komitee, Wesley Harcker, as eerste en tweede respondente.
Volgens Van Wyk is Britz deur die hof as die vierde respondent aangewys, met die verkiesingskomitee as derde respondent.
Van Wyk het oor die verkiesing in 2021 uitgebrei: “Ek was ’n kandidaat, Jacky Britz was ’n kandidaat. Ons het die Sondagoggend na die uitslae alreeds gesê woah, stop die lorrie, daar was bedrog aan die kant van die verkiesingskomitee.”
In terme van die oorspronklike hofsaak, sê hy: “Ons het 26 punte voorgelê. Hulle het al 26 punte geontken. Jy kan nie net ontken nie, jy moet sê wat gebeur het en wat jou weergawe is.”
Hy het ook gesê die verwerping van die Vaderlike Wette was bloot ’n strategiese skuif.
“Hulle het dit afgemaak as ’n strategie. Hulle het met ’n volk wat 153 jaar in hierdie land bly, se toekoms gedobbel en hulle het ons van die tafel gevee,” sê Van Wyk.
Volgens Van Wyk het regters Nic Hannah, Johan Strydom en Pio Teek in 'n uitspraak op 23 Oktober 1993 gesê die Vaderlike Wette van die Basters het onafhanklikwording oorleef, “net in ’n verkleinde vorm, maar dit bestaan”.
“Jy kan dit nie net wegvat nie. Op grond hiervan het ons gaan appelleer, want ons wil graag ter kultuurbevordering en vir die bestaan van hierdie Afrikaanssprekende groep, Rehobothers, wil ons voortleef. Net hierdie wet gee vir ons statuur of is ’n stut,” sê hy.
Volgens hom is die Vaderlike Wette die Bastervolk se gemeente reg.
“Daar is nie nou ’n Basterkaptein nie, daar kan ook nie sonder die Vaderlike Wette ’n Basterkaptein wees nie,” sê Van Wyk.
“As die Vaderlike Wette herroep is, dan kan dit nie, daar kan nie ’n kaptein wees nie,” sê hy.
Adjunkhoofregter Petrus Damaseb, regter Theo Frank en regter Hosea Angula sal die appèlverhoor, wat vandag om 10:00 begin, voortsit.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie