Die hoërhof in Windhoek het vandeesweek uitspraak gelewer in 'n dringende aansoek wat handel oor die toesig van 'n agtjarige seun. Foto Argief
Die hoërhof in Windhoek het vandeesweek uitspraak gelewer in 'n dringende aansoek wat handel oor die toesig van 'n agtjarige seun. Foto Argief

Hof sê kind bly vir nou by pa

Dringende aansoek toegestaan
Die seun se primêre woning was sedert 2018 by sy ma, maar die hof het beveel dat hy nou tydelik by sy pa moet bly.
Kristien Kruger
In die hofsaak tussen twee ouers oor die toesig van hul agtjarige seun, het die hof vandeesweek beslis die seun se primêre woning moet verskuif van waar hy saam met sy ma en halfboetie in Suid-Afrika gewoon het, na sy pa in Windhoek.

Die uitspraak was in sterk kontras met ’n verslag van ’n senior maatskaplike werker wat aanbeveel het dat die seun by sy ma moet bly.

“Die hof bevind dat dit in die beste belang van die kind sal wees dat hy in Namibië bly waar hy 'n volwaardige burger is. Dit sal verkeerd wees van hierdie hof om ’n minderjarige burger van hierdie land, na 'n ander land te stuur waar hy as 'n onwettige buitelander beskou word, met geen magtiging om in daardie land te wees of te bly nie,” lui regter Orben Sibeya se uitspraak.

Die hofbevel is egter net tydelik tot die gepaste hof ’n beslissing maak oor die seun se primêre woning.

Die uitspraak volg nadat die seun se pa ’n dringende aansoek by die hof aanhangig gemaak het met die versoek dat sy seun by hom bly en nie moet terugkeer na sy eksvrou nie op grond van bewerings dat sy by ’n inrigting vir ’n geestesversteuring opgeneem is, sy selfdoodneigings gehad het en onlangs uit die huis getrek het wat sy met haar nuwe man gedeel het. Sy woon tans by haar ouers.

Die ma het die aantygings ontken en die hof verseker haar depressie is onder beheer. Sy het verder aangevoer sy moes uit die huis trek wat sy met haar man deel aangesien hy haar glo aangerand het.

Die hoërhof het beveel dat die kind se omstandighede ondersoek en aanbevelings oor sy toesig ingedien moet word. Na aanleiding hiervan het ’n senior maatskaplike werker ’n ondersoek behartig waarna sy ’n verslag by die hof ingedien het.

Sy het bevind dat die ma tans in ’n meer standvastige omgewing is en stappe geneem het om haar persoonlike omstandighede te verbeter.

“Die bekommernis dat die respondent geestelik siek is en selfdoodneigings het, is afgekeur aangesien sy hulp gesoek het wanneer dit nodig was en nou haar depressie goed bestuur. Sy het ook die nodige ondersteuning,” lui die verslag.

Die verslag het verder aanbeveel dat die pa steeds redelike toegang tot sy kind moet hê en hom gereeld kan sien.

Sibeya het in sy uitspraak daarop gewys dat die maatskaplike werker se gevolgtrekkings nie ondersteun word deur die vasgestelde feite van die saak nie.

“Die kommer oor die veiligheid van die kind, hoe minimaal ook al, kan nie geïgnoreer word nie. Die erkende feit dat die respondent weens depressie in 'n geestesgesondheidsfasiliteit opgeneem is, weeg myns insiens ook ten gunste van toestaan van die aansoek,” lui die uitspraak.

Die seun se ma het onlangs na ’n ander dorp in Suid-Afrika getrek om weg van haar huidige man te kom en die hof het beslis dat dit nog ’n aspek is wat in ag geneem moet word.

“Dit is voldoende om te sê dat dit in die beste belang van die kind sal wees om by 'n plek te woon waarmee hy bekend is, in teenstelling met 'n vreemde plek.”

Die ma het wel steeds toegang tot haar kind en kan hom gereeld sien vir die tyd en wyl ’n hof ’n finale bevel oor die seun se primêre woning uitreik. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Currency: GBP to NAD 23.09 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.38 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.4 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13541.33 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 354.00/OZ UP +0.66% | Copper US$ 4.85/lb UP +2.06% | Zinc US$ 2 995.60/T UP 0.14% | Brent Crude Oil US$ 82.63/BBP DOWN -0.0145 | Platinum US$ 1 033.74/OZ UP +3.23% Sport results: Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.09 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.38 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.4 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13541.33 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 354.00/OZ UP +0.66% | Copper US$ 4.85/lb UP +2.06% | Zinc US$ 2 995.60/T UP 0.14% | Brent Crude Oil US$ 82.63/BBP DOWN -0.0145 | Platinum US$ 1 033.74/OZ UP +3.23%