Hof bekragtig Zeraeua as hoofman
’n Dispuut van 12 jaar tussen die Ovakweyuva- en Tjipepa- koninklike families is verlede week deur die hof besleg.
In ’n uitspraak het die hoërhof die aanstelling van die ontslape hoofman Christian Eerike Zeraeua se oudste seun, Manasse Meundju Zeraeua, as hoofman van die Zeraeua Tradisionele Owerheid bekragtig.
Volgens hofdokumente wat by die hoërhof in Windhoek ingedien is, het die hoofman se dood in 2012 verdeeldheid in die gemeenskap veroorsaak.
Die Ovakweyuva- en Tjipepa-families het daarna vir Raphael Kapia – glo ’n familielid van die oorledene, as die nuwe opvolger benoem – terwyl Manasse die stem van die hoofraad ontvang het.
Kapia was ontevrede met die raad se besluit en het ’n aansoek om hersiening by die minister van stedelike en landelike ontwikkeling ingedien. Hy het beweer dat die proses onregverdig was en in stryd met Artikel 18 van die Namibiese Grondwet.
Volgens Kapia het die ontslape hoofman dit duidelik gemaak dat die dominante stam, Tjipepa en Ovakweyuva, die mag moet hê om ’n nuwe hoofman aan te wys.
Hy het verder aangevoer dat die minister – wat Manasse se aanstelling goedgekeur het – versuim het om ingevolge Artikel 5(10) van die Wet op Tradisionele Owerhede op te tree en ’n verkiesing te hou om ’n hoofman aan te wys.
Hy het op grond van hierdie beweerde fout aangevoer dat die besluit om die hoofman aan te wys, nietig verklaar of ten minste hersien moet word.
Die minister het in 2014 ’n ondersoekkomitee aangestel om die geskil oor die opvolger ingevolge Artikel 12 van die Wet op Tradisionele Owerhede te ondersoek. Die komitee het vergaderings met die verskillende faksies belê en dit het vanaf 7 tot 9 Oktober 2014 plaasgevind.
Toe ’n verslag van dié komitee vir meer as ’n jaar nie ontvang is nie, het Kapia ’n aansoek by die hoërhof in Windhoek aanhangig gemaak in ’n poging om die minister te dwing om sy aansoek – wat hy by die minister gemaak het om die proses te hersien – te oorweeg. Alternatiewelik, indien die minister reeds die aansoek oorweeg het, het hy die minister versoek om die verslag uit te reik.
HOFAANSOEK MISLUK
Die hoërhof het egter in sy uitspraak daarop gewys dat Kapia se moontlike opvolging as hoofman op grond van sy verwantskap met die familie bevraagteken kan word.
“Daar was geen bewyse tydens die aanhoor van die saak gebring oor waar hy [Kapia] presies in die opvolgingslyn onder die oorledene geval het nie. Met ander woorde, dit was nie duidelik hoe hy verwant aan die ontslape hoofman is nie en op watter grondslag hy as geskik geag word om hoofman te word,” lui die hofuitspraak.
Die saak is van die hofrol geskrap en Kapia is beveel om die minister, die tradisionele owerheid en Manasse se regskoste te dek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie