Gustavo, Esau se aansoek faal
Verlof tot appèl van die hand gewys
'n Foutiewe kennisgewing van verlof tot appèl het daartoe gelei dat die aansoek van die hand gewys is.
Die Fishrot-beskuldigdes mnre. Ricardo Gustavo en Bernard Esau se aansoek om verlof tot appél om regter Kobus Miller se besluit om nie homself van die Fishrot-saak te onttrek nie, in die hooggeregshof uit te daag, is Vrydag in die hoërhof in Windhoek van die hand gewys.
Gustavo en Esau se regsverteenwoordiger, mnr. Trevor Brockerhoff, het ’n fout gemaak op die aanvanklike kennisgewing vir die aansoek om verlof tot appèl. Hy moes later aansoek doen om die titel van die dokument te wysig.
Die staatsaanklaers, mnre. Cliff Lutibezi en Edmund Marondedze, het beswaar gemaak teen die wysiging van die kennisgewing en aangevoer dat die die applikante die aansoek moet onttrek en opnuut aansoek doen. Hulle het ook beweer dat dit voldoende gronde is vir die aansoek om van die hand gewys te word.
Miller het die aansoek op dié gronde van die hand gewys en aangedui dat die applikante óf hierdie uitspraak kan appelleer óf ’n nuwe aansoek om verlof tot appèl kan indien.
AGTERGROND
Brockerhoff beweer aangesien Miller in vorige sake van dié twee beskuldigdes betrokke was, hy nie die verhoor onpartydig gaan hanteer nie.
“Daar is reeds bevindinge gemaak op grond van die bewyse en dít waarop die beskuldigdes gaan steun tydens die verhoor, en dit is kommerwekkend,” het Brockerhoff aangevoer.
Hy het bygevoeg dat dit inbreek maak op die beskuldigdes se reg tot ’n regverdige verhoor en hulle glo dat ’n ander hof tot ’n ander bevinding sal kom.
Die staat het dié bewering verwerp en meen dat hulle nie kan sien hoe ’n ander hof die aansoek sal toestaan nie.
Miller het aangedui dat die saak nou afgehandel is en van die rol geskrap sal word.
Gustavo is die enigste van die Fishrot-beskuldigdes wat op borgtog vrygelaat is. Esau bly in aanhouding.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie