• Tuisblad
  • Howe
  • Gevangene se aanranding geregverdig, sê verweerders

Gevangene se aanranding geregverdig, sê verweerders

Marcus Thomas eis N$1,1 miljoen
In die saak waarin 'n Amerikaanse moordbeskuldigde beweer hy is in die tronk aangerand, voer die verweerders aan die omstandighede het dit regverdig.
Kristien Kruger
“Die eiser [Marcus Thomas] is met minimum geweld geslaan en dit was wetlik geregverdig onder die omstandighede.”

Dit is wat die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit en die Namibiese Korrektiewe Dienste (NCS) in hul finale betoë beweer wat Sondag by die hoërhof in Windhoek ingedien is.

Dit vorm deel van die siviele aksie waarin die Amerikaanse moordbeskuldigde, Marcus Thomas, N$1,1 miljoen in skadevergoeding eis nadat beamptes van die NCS by die Windhoek Sentrale Gevangenis (WCF) hom na bewering in 2017 aangerand het.

“Die eiser [Thomas] is sedert sy opname by die WCF in 2011, ’n moeilike, onvoorspelbare en aggressiewe gevangene. Die owerhede, veral die sekuriteitsafdeling, het die eiser as ’n gevaarlike gevangene beskou.”

Die verweerders, wat die ministerie, NCS en vyf beamptes van die NSC insluit, het verder in hul finale betoë uitgewys dat Thomas ook gepoog het om uit die geriewe te ontsnap.

Hoewel Thomas aanvoer hy is nie dieselfde behandel nie omdat hy ’n Amerikaner is, voer die verweerders aan hy word gemonitor as gevolg van sy geskiedenis, aggressiewe houding, asook die bestuur se kommer dat hy weer wil ontsnap.

AGTERGROND

Thomas eis skadevergoeding teen die verweerders vir beweerde onregmatige beserings en skending van sy reg op waardigheid, beskerming teen marteling of wrede, onmenslike behandeling en diskriminasie.

Hy voer aan dat hy op 13 Januarie 2017 ingeroep is na die kantoor van die destydse hoof van sekuriteit by WCF, Silas Matheus, nadat hy en ’n medegevangene baklei het.

Hy beweer Matheus en ander lede van die NCS het hom daarna aangerand en met knuppels oraloor sy lyf geslaan.

Die verweerders voer aan dat hulle ten tyde van die beweerde aanranding ’n probleem met onwettige smokkelary van verbode items in die geriewe ondervind het.

Die tronkbewaarders het die selle deursoek wat volgens hulle wrywing tussen die gevangenes veroorsaak het. Gevangenes het mekaar na bewering blameer en dit het gelei tot ’n vlaag van onderonsies tussen die gevangenes.

Die verweerders beweer Thomas en ’n medegevangene Reinhold Itembu het op 13 Januarie 2017 baklei en beide is na Matheus se kantoor geneem.

Volgens die verweerders se weergawe van gebeure, het Thomas in die kantoor voortgegaan om Itembu aan te rand. Beamptes het na bewering ingegryp en probeer om Itembu uit Thomas se wurggreep te kry.

“Fisieke geweld is uiteindelik gebruik. Die eiser is met 'n knuppel op die arms, skouers en rug geslaan.

“Die geweld wat gebruik is, was redelik onder die omstandighede en het daartoe gelei dat Itembu losgekom het. Dit was nodig om Itembu teen fisieke besering en/of dood te beskerm.”

Die verweerders voer verder aan dat dit slegs Matheus was wat Thomas geslaan het, terwyl Thomas beweer ’n groep beamptes het hom aangerand.

WAS ITEMBU DAAR?

Thomas verwerp dié weergawe van gebeure en voer aan dat Itembu nie tydens die aanranding in Matheus se kantoor was nie.

Sy betooghoofde verwys na Itembu se getuienis dat hy buite die kantoor gestaan en glo gehoor het hoe Thomas geslaan word.

Thomas het verder aangevoer dat hy ná die aanranding ’n klag gelê het en die dissiplinêre komitee het Matheus skuldig bevind op aanranding.

Partye het Maandag en Dinsdag voor regter Hannelie Prinsloo verskyn.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.25 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.79/OZ UP +0.25% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.21% | Zinc US$ 2 978.50/T UP 0.02% | Brent Crude Oil US$ 83.66/BBP DOWN -0.0013 | Platinum US$ 1 058.22/OZ DOWN -0.0032 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.25 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.79/OZ UP +0.25% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.21% | Zinc US$ 2 978.50/T UP 0.02% | Brent Crude Oil US$ 83.66/BBP DOWN -0.0013 | Platinum US$ 1 058.22/OZ DOWN -0.0032