Gevangene glo kaal uitgetrek, aangerand

Eis N$1,88 miljoen in skadevergoeding
'n Gevangene beweer dat beamptes van korrektiewe dienste hom voor ander gevangenes en beamptes verneder en aangerand het.
Kristien Kruger
’n Gevangene by die Hardap korrektiewe dienste se geriewe op Mariental beweer owerhede het hom gedwing om sy klere uit te trek en voor ander personeel en gevangenes paddaspronge te doen.

Hy beweer verder dat beamptes hul vingers in sy anus gedruk het.

Fabianus Shekunyenge eis tans sowat N$1,88 miljoen in skadevergoeding van die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit en die kommissaris-generaal van die Namibiese korrektiewe dienste.

Volgens Shekunyenge se eisbesonderhede het beamptes in Desember 2021 na sy sel gegaan en hom beskuldig dat hy dagga by hom gehad het. Hy het dit ontken.

“Nege beamptes het hom met geweld uit sy sel gestoot. Hulle het hom herhaaldelik in sy gesig en oor sy lyf geslaan en geskop. Hulle het ook knuppels gebruik.

“Hulle het hom kaal uitgetrek en hom gedwing om paddaspronge te doen, te hurk en te spring. Daarna het hulle hul vingers in sy anus gedruk,” lui die eisbesonderhede.

Shekunyenge beweer die beamptes het ook traangas of pepersproei in sy gesig en anus gespuit.

Die aanranding het na bewering in ’n openbare kantoor en binne die sig van gevangenes en ander lede van die korrektiewe dienste plaasgevind.

Shekunyenge beweer sy reg op liggaamlike en sielkundige integriteit, asook sy waardigheid is aangetas.

KORREKTIEWE DIENSTE

Die minister en kommissaris-generaal het reeds die hof in kennis gestel dat hulle die saak sal teenstaan, maar het nog nie hul pleitstukke ingedien nie.

Die kommissaris-generaal van korrektiewe dienste in Namibië, komm. Raphael Hamunyela, het aan Republikein gesê wanneer beamptes vermoed iemand het ’n item in hul rektum gedruk, word die gevangene(s) vir X-strale hospitaal toe geneem en ’n dokter ondersoek hulle.

“’n Beampte sal onder geen omstandighede sy vingers in ’n gevangene se anus druk nie. Slegs die uiterlike liggaam word deursoek.”

Ten opsigte van die beweerde aanranding het Hamunyela gesê hy het nog nie die betrokke beamptes se weergawes gehoor nie en indien daar enige waarheid daarin steek, is dit ’n ernstige oortreding.

BESERINGS

Shekunyenge het glo kneusplekke en wonde oraloor sy liggaam opgedoen en een van sy tande is as gevolg van die beweerde insident gebreek.

Hy voer aan dat hy ook ernstige irritasies in sy oë, neus, mond en anus gehad het.

Volgens sy eisbesonderhede, wat op 18 Januarie 2022 ingedien is, het hy vir vier maande ná die voorval gesukkel om te lê of te slaap.

Hy beweer verder die beamptes het hom mediese behandeling geweier, wat verdere pyn, lyding en ongemak veroorsaak het.

Shekunyenge eis N$1,875 miljoen in skadevergoeding vir onder meer die vernedering, skok, pyn, skending aan selfbeeld en uiterste ongemak wat hy glo moes verduur.

Hamunyela het aan die koerant gesê talle sake van beweerde aanranding van gevangenes in korrektiewe geriewe word aanhangig gemaak.

Die saak word deur regter Esi Schimming-Chase in die hoërhof in Windhoek aangehoor.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.78 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.28 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.99/OZ UP +1.19% | Copper US$ 4.87/lb DOWN -0.0017 | Zinc US$ 2 982.80/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 82.82/BBP DOWN -0.0042 | Platinum US$ 1 058.83/OZ UP +1.44% Sport results: Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.85 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.78 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.28 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.99/OZ UP +1.19% | Copper US$ 4.87/lb DOWN -0.0017 | Zinc US$ 2 982.80/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 82.82/BBP DOWN -0.0042 | Platinum US$ 1 058.83/OZ UP +1.44%