Geregtigheid vir Amare (1)
Die ma wat haar eenjarige seuntjie se lewe in Januarie 2023 met 15 herhaaldelike en verwoestende messteke beëindig het, is Vrydag in die hoërhof 23 jaar tronkstraf opgelê. Vapeni Lucia Boois (37) is buiten vir die gewelddadige moord op Amare Boois ook tot twee jaar tronkstraf gevonnis vir dwarsboming van die gereg wat aaneenlopend met die moordvonnis uitgedien sal word. Amare se nadoodse ondersoek het agt meswonde in sy nek en sewe in sy bors getoon met noodlottige beserings aan sy slagaar en lewer.
Regter Philanda Christiaan het voor vonnisoplegging van die voormalige polisievrou gesê Boois het die basiese moederlike plig versaak om Amare te beskerm en te koester, met sy moord wat die sterkste veroordeling verdien.
Die hof het gehoor hoe Boois bewustelik die seuntjie uit die sorg van sy grootouers aan vaderskant gaan haal het waar hy tussen sy ouma en oupa geslaap het wat “bitterlik lief vir hom was”. Sy ouma, Agnes Hammerslaght, het getuig hoe sy haar kleinseun in 2022 ontmoet het toe Boois hom na haar huis in Rehoboth gebring het.
“Die oomblik toe hy na my uitgereik het, het ek gevoel hy was my eie kleinseun. My kinders het hom as hul eie aanvaar en sy dood het ons ongelooflike pyn veroorsaak,” het Hammerslaght getuig. Amare se lyk is met sy gesig na onder in ‘n vlak graf op die plaas Bucholtzbrunn in die Bethanie-distrik gekry met ‘n Bybel wat op die graf geplaas is. Boois het klere en persoonlike items verbrand in 'n poging om die misdaad te verberg en die gereg te dwarsboom.
Ten spyte van haar diagnose met ‘n grenspersoonlikheidsversteuring en depressiewe simptome, het psigiatriese bewyse bevestig Boois was geskik om verhoor te word en bewus van die feit dat haar optrede verkeerd was. Haar doelbewuste voorbereidings en pogings om ná die misdaad te vlug, het ook beplanning en opset getoon. .
Die hof het ook gelas dat verskeie bewysstukke wat in die pleging van die misdaad gebruik is, en wat insluit kledingstukke, persoonlike besittings en die Bybel wat op Amare se graf gevind is, verbeurd verklaar. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie