• Tuisblad
  • Howe
  • Gemeenskap ruk op teen borgtog van moordbeskuldigde

Gemeenskap ruk op teen borgtog van moordbeskuldigde

’Fiina was ’n pragtige siel’
Rita Kakelo
Wyle Fiina Nghifikwa was meer as net ’n naam op ’n saakdossier.

"Sy was ’n moeder, dogter, suster, vriendin en tante, ’n pragtige siel met drome, lag en ’n hart vol vriendelikheid,” sê dié moordslagoffer se familie.

Dit was deel van ’n verklaring wat gemaak is deur die bedroefde familie van wyle Fiina Natangwe Florence Nghifikwa (39), wat drie maande gelede tydens ’n gewapende rooftog in Windhoek se Wanaheda-woonbuurt doodgeskiet is. Hulle het Dinsdag buite die Windhoek-landdroshof in Katutura byeengekom en geregtigheid geëis. Die familie staan die toestaan van borgtog heftig teen aan die man wat van haar moord beskuldig word.

Onder leiding van haar niggie, Isabel Ndimbarukua, het die familie, vriende en gemeenskapslede ’n vreedsame protesoptog gehou en ’n klagskrif aan die hof oorhandig.

Ndimbarukua het die verklaring namens hulle voorgelees en gesê hulle is nie daar om chaos te skep nie, maar om geregtigheid te soek vir ’n vrou wie se lewe “voor die oë van haar vyfjarige kind geneem is”.

Die familie se klagstrif teen die vrylating op borgtog van Haifete Elias Shityeni, die beskuldigde wat in verband met die moord op Nghifikwa in aanhouding is, sou die erns van die misdaad ondermyn en 'n bedreiging vir openbare veiligheid en die slagoffer se familie inhou.

“Die toestaan van borgtog in so 'n geval sou 'n gevaarlike boodskap stuur aan diegene wat van moord beskuldig word en vrylik kan rondloop tussen die einste mense wat oor hul slagoffers treur,” lui die verklaring.

“Ons is hier omdat Natangwe se lewe saak maak. Ons weier om haar storie in statistieke of vergete opskrifte te laat vervaag,” het Ndimbarukua gesê.



KOELBLOEDIG VERMOOR

Nghifikwa, die eienaar van die modebesigheid September Creations, is in Julie omstreeks 19:00 in Kigalistraat aangeval.

Sy en 'n vriendin is na bewering na die plek gelok onder die voorwendsel dat hulle 'n kamer te huur kan besigtig.

Die twee vroue is glo opgetel deur 'n individu wat belowe het om hulle na die eiendom te ry. Net toe hulle binne die voertuig was, het die verdagtes hulle na bewering met 'n vuurwapen aangehou en van hul selfone beroof. Nghifikwa is tydens die voorval geskiet.

Sy is na die Katutura-gesondheidsentrum – voorheen bekend as die Black Chain-kliniek – gehaas, maar is met haar aankoms dood verklaar.

Na bewering het die skietery in die teenwoordigheid van Nghifikwa se vyfjarige kind plaasgevind het.

Shityeni is saam met vier ander vermeende gewoonteoortreders byna 'n week ná Nghifikwa se moord in verband met die misdaad in hegtenis geneem.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-12-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer